Van Wyk vra munisipale wyke
Verskeie voorstelle is gemaak om beter bestuur by plaaslike owerhede te verseker.
Estelle de Bruyn
Die instelling van munisipale wyke is onlangs deur die United People's Movement (UPM) se mnr. Jan van Wyk bepleit.
Hy het aan die debat oor die wysigingswetsontwerp op plaaslike owerhede in die Nasionale Vergadering (NV) deelgeneem.
Van Wyk sê die wysigingswetsontwerp sal daartoe bydra dat belastingbetalers beter opsies het oor die verkiesing van kandidate wat regstreeks met dienste in 'n wyk gemoeid is.
Dít sal volgens Van Wyk voorkom dat plaaslike owerhede in “politieke slagvelde” ontaard.
Van Wyk sê die wysiging van die huidige wet is nodig omdat daar te veel skuiwergate in is wat doeltreffende administrasie van plaaslike owerhede in die wiele ry.
“Die hervorming van plaaslike owerhede behoort doeltreffende bestuur te verbeter. Dit is duidelik dat vorige wysigings nie daarin kon slaag om oplossings vir die probleme te vind wat met die administrasie van plaaslike owerhede ondervind word nie. Selfs bevoegde howe vind dit moeilik om sommige van die bepalings van die huidige wet te verstaan, terwyl van raadslede en administrateurs verwag word om die bepalings te verstaan en te implementeer,” het Van Wyk gesê.
Hy wys ook daarop dat korrupsie en korrupte praktyke op plaaslike owerheidsvlak sal voortduur “met die goedkeuring van sommige verkose leiers” wat sodanige praktyke, regstreeks of nieregstreeks tot hul eie voordeel ondersteun.
“Om hierdie rede sal desentralisasie nooit ten volle in die meerderheid plaaslike owerhede geïmplementeer kan word nie omdat dit nie die nodige kapasiteit het nie. Die politieke wil van die verkose leiers is laag of afwesig,” het hy bygevoeg.
Van Wyk is ook 'n voorstander daarvan dat posisies soos die van die burgemeester en voorsitters van bestuurskomitees minstens 'n halfdag-posisie moet wees omdat die sake van belastingbetalers dan beter behartig kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie