Van Zyl se duiwe die haastigste
Van Zyl se duiwe die haastigste

Van Zyl se duiwe die haastigste

Andrew Poolman
Die Windhoek Resiesduifklub het die afgelope naweek ’n wedvlug oor 504 kilometer vanaf Narubis gehou. M&B van Zyl het die ope én derby-afdelings gewen.
Die wenduif in die ope afdeling het ’n gemiddelde spoed van 1418 meter per minuut gehandhaaf, en in die derby afdeling was die wenner se gemiddelde snelheid 1446 m/minuut.
Die plekke vanaf Narubis is soos volg behaal:

DERBY AFDELING:
M & B van Zyl I: 1, 7, 8, 9, 10.
Dieter Lucks: 2, 3, 4.
AH Kok: 5.
Lou & Louisa Hokke: 6.

OPE AFDELING:
M & B van Zyl II: 1.
M & B van Zyl I: 2.
PW - Riverfoods: 3, 5.
Grundeling Hokke I: 4, 8, 9.
Visser Van Heerden I: 6.
Jan Balt: 7.
Lou & Louisa Hokke: 10.

• Die klub se wedvlug van die vorige naweek was oor 474 kilometer vanaf Seeheim gehou.
Hennie Maré se wenduif in die ope afdeling het ’n gemiddelde spoed van 1062 meter per minuut gehandhaaf. Die jaaroud afdeling se wenner van Lou & Louisa Hokke se gemiddelde snelheid was 1058 m/minuut.
Die plekke vanaf Seeheim is soos volg behaal:

JAAROUD AFDELING:
Lou & Louisa Hokke: 1, 8.
Hennie Maré: 2, 3.
Visser Van Heerden I: 4, 7, 10.
Leon Stoop I: 5.
Jan Balt: 6, 9.

OPE AFDELING:
Hennie Maré: 1.
Visser Van Heerden II: 2, 3.
Visser Van Heerden I: 4.
Visser Van Heerden III: 5, 6.
D&B Lofts I: 7.
Jan Balt: 8, 9, 10.
Die klub se volgende resies is komende Saterdag vanaf Tses (379 km). Belangstellendes is welkom om op die webblad www.wrdknam.com op die hoogte van die klub se bedrywighede te bly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!