Vandag (6/4) op die NSX: Slagting van SA banke duur voort
Jo-Maré Duddy – Dubbelgenoteerde bankgroepe op die algehele indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) het almal reeds 14% plus op hul sluitingspryse verloor sedert pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika verlede Maandag met sy jongste manewales begin het.
Dit het tot ‘n kabinetskommeling en die afdanking van onder andere Pravin Gordhan as finansminister gelei. In reaksie daarop het S&P die buurland se buitelandse skuld na rommelstatus afgradeer. Dit het tot gevolg dat Suid-Afrikaanse banke se buitelandse skuld ook deur S&P tot onder beleggingsgraad, oftewel rommelstatus, afgegradeer is.
Drie van die banke is op die NSX genoteer.
Firstrand Ltd het vandag op N$44,90 per aandeel gesluit, 14,4% laer as verlede Maandag. Nedbank Group Ltd het 14,1% laer op N$225,80 per aandeel geëindig. Standard Bank Group het met 14,2% tot N$136,47 per aandeel teruggesak.
Bankgroepe op die plaaslike indeks, daarenteen, is feitlik onaangeraak. Capricorn Investment Group het vandag op N$17,49 per aandeel gesluit, 5c stuk of 0,3% laer as verlede Maandag. FNB Namibia Holdings het 4c of 0,08% laer op N$47,32 per aandeel geëindig.
Altesaam N$187 132 van dié twee groepe se aandele het vandag verhandel: N$54 744 van Capricorn en N$132 388 van FNB Namibia.
In totaal is N$19 167 van Oryx Properties Ltd se aandele ook van die hand gesit, wat totale dagverhandeling op die plaaslike indeks op N$206 298 te staan bring. Oryx het vanmiddag 1c laer op N$20,97 per aandeel gesluit.
Die plaaslike indeks het op 570,26 punte geëindig, 0,06% laer as gister.
Totale verhandeling op die algehele indeks was bykans N$94,8 miljoen. Dié indeks het vandag met 0,26% teruggesak en op 1 052,46 punte geëindig. Die JSE se indeks van alle aandele het vanmiddag 0,14% laer gesluit.
Vukile Property Fund Limited was die grootste verloorder op die indeks. Die groep het op N$18,20 per aandeel geëindig, 3% laer as gister.
Sanlam Limited was die dagwenner met ‘n sluitingsprys wat met 2,3% tot N$64,43 per aandeel gestyg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie