Vandale stamp klipman bergaf

Tanja Bause
Tanja Bause - Een van die klipfigure in Kaokoland, in die wandel bekend as die “Lone Men”, is in Julie vanjaar by die Van Zylspas afgestamp en vernietig.
Kaokoland in die Kunenestreek dien die afgelope jaar as ’n kuns­galery in die natuur, nadat die sogenoemde Lone Men hul opwagting hier gemaak het. Die klipfigure wat uit klippe en metaal uit die om­gewing gemaak is, is baie gewild onder toeriste en plaaslike besoekers. Die klipfigure is elkeen genommer, met no. 27 wat tot dusver die hoogste nommer is wat al gevind is. Dit het die vraag by die vele klipman-aanhangers laat ontstaan oor waar en hoeveel daar nog is wat dalk in die vlaktes skuil.
Die skepper van die nou bekende klipfigure het met groot respek vir die natuur en vir Kaokoland se unieke omgewing elke karakter geskep uit die minimum hoeveelheid materiaal en klippe wat hier gevind word. Waar die klipman sit of staan, is ook geen teken van rommel nie en elkeen is só geplaas dat dit deel van die omgewing vorm. Elke Lone Man is uniek en daar is die Dapper Stapper wat iewers heen op pad blyk te wees en die klipman wat onder ’n boom sit en in die verte tuur. ’n Bewonderaar het ’n blik­beker in die turende klipman se hand gesit, met besoekers wat begin het om dit met geld te vul. Met die heengaan van die eerste klipman van Van Zylspas, is ’n nuwe Lone Man onlangs weer in die pas opgemerk. Die keer het hy sy sit op ’n steil deel van die pas gevind en kyk hoe besoekers Van Zylspas se kronkels aandurf. Wie die Lone Men se skepper is, bly egter ’n raaisel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!