Vanishing Kings - Lions of the Namib op One Africa TV
Ons eie unieke woestynleeus van die Noordweste gaan in April op die tuisfront skitter!
Bekroonde natuurlewe rolprentmakers, Will en Lianne Steenkamp, het die rolprent Vanishing Kings – Lions of the Namib aan alle Namibiese uitsaaiers versprei en One Africa TV sal die eerste kanaal wees om hierdie merkwaardige rolprent op openbare TV in Namibië uit te saai.
Die dokumentêre rolprent is ’n epiese viering van die uitsonderlike leeus wat by woestynomstandighede aangepas het en selde gesien word. Dit is die verhaal van die omswerwinge van 'n spesiale trop leeus in die Hoanibrivier in die Kunenestreek. Mens-leeu- konflik maak dikwels nuus, maar van regeringsvlak tot by die boere word onvermoeid gewerk om 'n manier om saam te bestaan te vind. In hierdie dokumentêre rolprent het die rolprentmakers daarna gestreef om die onvermydelike stryd te erken en om kykers ’n intieme blik te gee op wat dit verg om as ’n woestynaangepaste leeu te oorleef.
" Ons beskou onsself as absoluut bevoorreg deur die geleentheid wat die ministerie van die omgewing en toerisme en die Namibiese Rolprentkommissie ons gegun het om die sonderlinge woestynleeus van Namibië vir ons nuutste natuurrolprent te verfilm," het die Steenkamps vertel.
" Ons primêre uitsendingsvennote sluit ORF in Oostenryk, die Smithsonian Channel in die VSA, Arte in Duitsland en Frankryk en National Geographic vir die res van die wêreld in. Ons is vandag verheug om aan te kondig dat hierdie baie spesiale rolprent op tuisgrond in Namibië uitgesaai gaan word. "
Die fliek is in drie tale vertaal, nl. Engels, Duits en Damara. “Die hoofdoel van ons rolprente is om bewussyn van bewaringskwessies te skep, maar ook om ’n waardering vir die natuur aan te wakker. Namibiërs is so gelukkig om so ’n unieke en spesiale leeutipe hier te hê. Baie kinders wat in stede en dorpies bly, kry nooit ’n geleentheid om sulke merkwaardige diere te sien nie. Die Damara-vertaling van die rolprent is nog ’n manier om ’n wyer gehoor te bereik. Ons besef dit is moeilik vir die plaaslike bevolking om in vreedsame medebestaan met leeus te lewe en dat mens-leeu-konflik ’n onvermydelike uitdaging is. Met hierdie rolprent hoop ons nie net om die ongelooflike natuurlike wonders van Namibië te wys nie, maar ook om Namibiërs in te lig en op te voed oor een van ons eie natuurlike skatte.”
*Vanishing Kings – Lions of the Namib word vanaf 17:30 op 3 April op One Africa TV uitgesaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie