Varkvleisprys styg met 30%
Varkprodusente het die afgelope maand ’n styging van meer as 30% in varkvleispryse gesien toe pryse van R19 p/kg tot meer as R25 p/kg op die weeklikse Trigga Exchange- aanlyn platform gestyg het.
Dié prysstyging volg kort op ’n uitbreking van Afrikavarkgriep in China, Mongolië, Viëtnam en Kambodja.
Dit het daartoe gelei dat tot ’n derde van die wêreld se varkbevolking uitgewis moes word, wat ’n wêreldwye tekort aan varkvleis en die invoerpariteit van varkvleis in Suid-Afrika tot gevolg het.
Sedert die Chinese ministerie van landbou en landelike sake in Augustus verlede jaar sy eerste Afrika- varkgriepuitbreking in die Liaoning-provinsie bevestig het, is 136 Afrika- varkgriepuitbrekings geïdentifiseer, wat veroorsaak het dat 1 129 000 varke uitgewis is in ’n poging om te verhoed dat die siekte verder versprei.
Trigga Exchange se Walter Frey, sê die Trigga Exchange- aanlyn platform stel Suid-Afrikaanse boere in staat om dadelik te reageer op die uitwerking van vraag en aanbod, aangesien invoerpariteitspryse een van die rigtingwysers is wat verseker dat plaaslike pryse internasionale pryse verteenwoordig. Die platform is die eerste in sy soort, wat ’n meer vloeibare en gedemokratiseerde mark skep wat kopers en verkopers van varkvleis verbind vir regverdige ruiltransaksies.
“Terwyl die aanvang aanvanklik stadig was, het Trigga Exchange aansienlike momentum behaal, aangesien ’n jonger generasie boere die nuwe tegnologie verwelkom. Ons het ook voortgegaan om na spelers in die bedryf te luister en is die afgelope twee jaar oop om die platform te hersien,” sê hy.
Die model laat ook opkomende boere toegang tot die mark verkry.
Frey sê in April alleen is 15 379 varke op Trigga Exchange verkoop en daar is tans 33 aktiewe boere en 36 aktiewe kopers op die platform. Hierdie aanlyn platform verander die tradisionele wyse waarop varkies bemark word.
Barend Vorster van Molare Piggery sê hy is in ekstase oor die onlangse styging in pryse. “Ons het besluit om die platform met ’n beperkte aantal varke te begin gebruik. Ons idee was om dit oor ’n 12-maande-siklus te toets. Ons was beïndruk met die billike en deursigtige aard van die platform se prysmeganisme.”
Hy sê sommige tradisionele boere is huiwerig om die aanlyn platform te gebruik omdat dit die onbekende verteenwoordig. “Molare is ’n moderne onderneming en ons is oop vir nuwe idees rakende die bemarking van ons produkte.
“Ons sien uit daarna om te sien hoe dit in die komende weke en maande sal werk.” – Netwerk24.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie