Vars kykgenot eersdaags op VIA

Lloyd Zandberg
Drie splinternuwe TV-programme skop in September, Oktober en Novemberop VIA (DStv-kanaal 147) af. Sewe geliefde VIA-gunstelinge keer in die lente op die Afrikaanse leefstylkanaal terug.

Vanaf 16 September kan kykers 2019 se jaarlikse, nasionale Skole Kook op VIA volg. Die kompetisie gee graad 11-leerlinge wat verbruikers- of gasvryheidstudies as vak neem, die kans om met hul kookvernuf te spog. Mandi du Plooy-Baard is die aanbieder van die program op Maandae om 18:00.

In Boereverneukers delf die RSG-omroeper Izak du Plessis diep in die verlede om die stories van interessante Afrikaanse skelms uit die argief te ontgin. In dié reeks word die lewe van 13 karakters soos die beesbaron-swendelaar Arno Smit en die Langkloof se Ruitertjie Ruiters bekyk. Die reeks sluit by Izak se gelyknamige boek aan. Dit begin op 5 November en word Dinsdae om 20:30 uitgesaai. Die heruitsendings is op Sondae om 19:30.

In elke episode van VIA se splinternuwe en snaakse werklikheidsprogram, Ek soek ’n rybewys, loer die kameras in by leerlingbestuurders op die dag van hul groot toets. Ons beleef al die angs en humor agter die stuurwiel, en vind dan ook uit of ons leerderbestuurder ’n rybewys kan kry of weer moet probeer. Dit begin op 5 November en word Dinsdae om 21:00 uitgesaai. Heruitsendings is op Saterdae om 21:00.

Die tweelingsusters Gadija en Fatima Sydow is vanaf 5 September terug agter die kospotte om nog geheime uit die Kaaps-Maleise kombuis te deel in Kaap, kerrie en koesisters. Skakel Donderdae om 17:30 in.

Anet Pienaar-Vosloo is vanaf 14 Oktober terug om kykers haar stylvolle vriende se spoghuise binne te nooi. Nuwe episodes van Mooi word elke Maandag om 19:30 uitgesaai. Heruitsendings is op Sondae om 19:00.

In die derde seisoen van die geselsprogram Ek wou nog sê maak Afrikaans se voorste skrywers en woordmense hul hart oop oor die mag van poësie en die geskrewe woord. Daniel Hugo is die aanbieder en dit word vanaf 16 Oktober elke Woensdag om 18:30 uitgesaai.

My matriekafskeid is vanaf 17 Oktober terug – en dié keer met ’n splinternuwe aanbieder. Die TV-jongeling Tauné Block loer in elke episode in by ’n ander skool om drie hoërskoolmeisies se matriekafskeidreis te volg. Skakel Donderdae om 20:00 in. Heruitsendings is op Sondae om 21:30.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!