Vars van die plaas af

Groot drome het 'n realiteit geword met die opening van die Farmhouse Deli op Tsumeb.

Benewens die deli word daar ook met 'n OK-winkel en Puma-diensstasie gespog. 'n Besigheid met verskillende komponente wat vir klante die geleentheid bied om op een plek te stop en alles te kry wat hulle nodig het.

“Die werkskeppingsgeleenthede met die opening van die deli strook met die Harambee-welvaartplan dat Namibiërs saam staan om armoede te verminder,” het adjunk- eerste minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah tydens die geleentheid gesê.

Volgens haar bied die nuwe onderneming waarde aan die ontwikkeling van dié Noordedorp.

Willie en Thea Bosch het hul droom 'n werklikheid gemaak met harde werk, deursettingsvermoë en 'n visie om 'n blywende bydrae, nie net aan die dorp nie, maar ook aan die streek te lewer. Benewens die deli bedryf hulle ook die tweede grootste varkplaas in die land en 'n abattoir.

Reeds 95 Namibiërs is aangestel, met meer werksmoontlikhede sodra die uitvoerlisensie vir die abattoir goedgekeur is.

Die werknemers het reeds nuwe vaardighede aangeleer en dra by tot waardetoevoeging.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Thea Bosch by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!