Vars voorkoms vir ‘interaktiewe kunservaring’

Yandi Du Plessis
Die “interaktiewe kunservaring” DEFINITION: Art is terug met baie opwindende geleenthede en kunsfoendies kan solank hul kalenders merk!

Vandat DEFINITION: Art einde 2020 in die Maerua-inkoopsentrum gebore is, het dié instansie hard gewerk om ’n liefde vir elke plaaslike kunsvorm binne die Namibiese publiek te kweek.

Die instansie het op 27 Mei amptelik die deure van sy nuwe ruimte by The Village in die hoofstad oopgemaak.

DEFINITION: Art se hooffokus is om plaaslike kontemporêre kunstenaars te help om hul kunswerke te verkoop en hul werk op ’n vars, moderne manier aan te bied.

Benewens die uitstallings, bied die inisiatief vanjaar weer eens verskeie ander kunsverwante aktiwiteite aan, soos verf- en wynsessies met verskillende temas, waar akteurs en aktrises gedagtes prikkelende tonele van tragedie, romanse, wetenskapfiksie en drama vir die besoekers uitvoer terwyl hulle skilder.

DEFINITION: Art kombineer ook filosofie en poësie in ’n “intellektuele gespreksessie”, waar die publiek kan gesels en redeneer oor onderwerpe wat die verstand te bowe gaan, terwyl hulle na die kreatiewe intellek van poëtiese kunstenaars luister.

Fliekaande, waar die publiek kan kies watter films hulle in die Ster-Kinekor-teater in dié inkoopsentrum wil sien (die plek is onderhewig aan verandering), is ook op die agenda.

“Ons het baie ander kunsverwante aktiwiteite wat ons graag by ons skedule wil voeg,” het Emmanuel Enkara, die eienaar en stigter van die inisiatief, verlede jaar vertel.

Dit wil voorkom of hulle nou daad by woord wil voeg, want volgens Definition: Art se Facebook-blad is ’n nuwe geleentheid vir Aprilmaand op pad, wat beloof om ’n “wilde ervaring” te wees. Meer as dít wil hulle nie in hierdie stadium bekend maak nie.

Ondanks die uitdagings van die pandemie het Definition: Art verlede jaar verskeie aktiwiteite aangebied wat aftrek gekry het.

“In 2021 het ons pret gehad, maar in 2022 sal ons skedule meer eenvormig word – met gereelde datums ná Maart,” sê Enkara.

Almal wat in kuns belangstel word uitgenooi om The Village in Liliencronstraat 18 te besoek, of ’n draai te maak op DEFINITION: Art se sosialemediaplatforms om op hoogte te bly van al die opwindende geleenthede wat op pad is.

Sluit eerskomende Dinsdag aan by ’n filosofie- en poësie-aand waar die onderwerp “Wat is skoonheid?” onder die loep sal wees.

Toegang is N$20 by die deur.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!