Vars water van die Krip bring woema vir ‘n nuwe jaar
Des Erasmus - 'n Knyptang van die woord is die tyd van Krismis tot Nuwejaar. Tussen die gewyde seisoen van die krip en die kruis lê die oop blad waarop 2018 met sy koms op skoonskrif wag. Eers 'n stonde van oordenking en dan die tas waarin alles wat mooi is soos breekgoed ingepak word vir 'n tog van 365 dae wat wag.
Juis op Kersdag is afgestap see toe na 'n plek waar die see suid van Tiger Reef 'n baaitjie en 'n sandstrand tussen rotse oopgemaak het. Dis 'n ou dinkplek waar gedagtes skoon gewas word soos Maandag toe 'n biddende gemeenskap stil gaan staan het. Die Atlantiese reus het dit geskep in sy ewige stoeigeveg teen die wande van die vasteland.
Kry daar 'n pa en sy twee seuns al spelend met 'n strandbal en 'n verwende huishond wat daar blaf. 'n Beeld wat ou wasigheid in die oë laat speel al is dit binnetoe waarlangs die stroompies vloei. 'n Pa en sy geslag weg van die woelende menigte. Soos dit eens ook was. Net stokers van 'n brand wat nie geblus wil word nie. Salwend vir die hartseer is die son wat rooi in 'n misbank gereed maak vir sy valslag in die see.
'n Meeu verkondig skor van 'n rotspunt dat hy die koning van die oseane is. Net om al fladderend weg te vlug vir 'n brander wat hom van sy troon kan klits.
Want in wat verby is, is by die wieg en die graf gestaan.
Kry die jaarbroedere daar op die sand. 'n Ou 2017 en 'n nuwe 2018 stap daar by mekaar verby. Die ou jaar in sy vodde van 2017 en die nuwe in sy spierwit kit van 2018. Dit word 'n plek van opruiming van die letsels van nog 'n jaar. Net skerwe waarvan 'n lompe pop soos 'n ongemete ysterman van skroot gebou kan word. Die nuwe gety neurie 'n deuntjie uit Kom saam vanaand.
Rol dan maar die dobbelsteentjies vir nog 'n jaar.
Ek het ek my voorgeneem ek sal in die nuwe jaar minder “ek” as wat ek in die verlede ge-“ek” het, al sê ek nou al weer vir ek. Waarmee weggedoen moet word, is oordrewe selfbemarking wat aanstoot gee. Laat daar eerder nederig met 'n kniebuig gestaan word terwyl die diep spore gevolg word wat die Meester vir die mensdom as koers getrek het. As lof en ruikers moet kom, laat ander dit dan gee.
“Waar U lei, daar sal ek meegaan . . . ”
Dan 'n voorneme oor een van die moeilikste voorskrifte van Die Boek. Dit is om vir jou vyande te bid. Dis teenstand waarvan die wande in die nuwe jaar sonder voorbehoude afgebreek moet word.
Groter dankbaarheid moet vertroetel en uitgebou word. Dit geld veral waardering vir 'n produktiwiteit wat ondanks jare soos 'n reddingsgordel vir 'n drenkeling dryf.
Juis die oggend slaan 'n horlosie in die voorhuis tienuur. Teëpraterig word hy toegesnou: “So what!”
Dít terwyl hy 365 dae dag en nag vir die huishouding en die mense die uur gegee het. Die werkende tipe terwyl jy slaap. Soos ook mense. Het iemand al dankie gesê?
Wagter op die mure, wanneer kom die nag?
In die jaar wat voorlê moet groter berusting gesoek word vir terugslae wat ervaar is, goed wat aanvaar en berus is, maar waarvoor gewone mense sukkel om begrip te kry.
'n Grootmaaktante-ouma het baie jare gelede oor die skanse van vyandelikhede geklouter en haar hart in die Boereoorlog op 'n Ierse soldaat in die Engelse mag verloor. Dit was 'n verhouding sonder 'n toekoms, maar herinnering het haar voedingsbron in 'n alleenlewe gebly. 'n Kosbare erfenis was sy Ierse segswyse in 'n raampie bo haar kopkussing.
In onthou klink dit minteveer so: “Mag die pad saam met jou styg; mag die wind in jou rug wees; en mag die Here jou in die holte van Sy hand hou.”
Ná al die jare bly dit vandag 'n wens van huis tot huis vir almal wat naby en daar ver is in die nuwe jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie