Varsgedruk stel aanlyn boekwinkel bekend
Ses jaar gelede het Varsgedruk die Suid-Afrikaanse boekindustrie vernuwe deur boeke vir die eerste keer deur middel van aksiebelaaide boeklokprente aan 'n nuwe gehoor bekend te stel.
Sedertdien het die Varsgedruk-span reeds meer as 350 boeklokprente vervaardig wat weekliks as boekinsetsels op kykNET verskyn, en deur geliefde aktrise Susanne Beyers aangebied word.
Vandag is Varsgedruk 'n huishoudelike naam en sinoniem met die nuutste boeke.
Om dit vir boekliefhebbers nou nóg makliker te maak om hul gunstelingboeke in die hande te kry, het die innoverende span sopas 'n doelontwerpte aanlyn boekwinkel bekend gestel, http://www.varsgedruk.co.za. Hierdie splinternuwe webtuiste verkoop slegs boeke, so lesers kan nou die nuutste Afrikaanse boeke moeiteloos aanskaf en gratis laat aflewer – selfs in die platteland!
Derick Muller, die skepper van Varsgedruk, sê: “Ons doel was van die begin af om iets by te dra tot die lewendige leeskultuur onder Afrikaanssprekendes. Met die webtuiste is dit nou soveel makliker om al jou gunstelingboeke in die hande te kry. Varsgedruk se aanlyn boekwinkel het reeds sy eerste verkope in Desember verlede jaar gesien toe die webtuiste vir 'n paar dae aanlyn was vir toetse. 'n Leser van Pretoria het vyf boeke bestel; toe moes ons spring! Dit is net weer eens 'n bewys van hoe groot die vraag is na 'n platform vir Afrikaanse lesers om hul boeke op te koop.”
Nou kan boekliefhebbers nóg meer lees met Varsgedruk!
• Vir navrae, kontak Chris le Roux by [email protected] of by 021 422 3722. Volg hulle op Facebook of Instagram vir meer boekenuus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie