Varsitybeker geskrap, Madibaz vorder
Rugby
Marnus Kok – Die Madibaz sal wel aanstaande jaar in die Varsitybeker-rugbyreeks deelneem, ten spyte daarvan dat die huidige seisoen weens die Covid-19-pandemie nietig verklaar is.
Ook die Skild- en die Young Guns-reeks van die huidige seisoen is geskrap.
Dít is die belangrikste stappe waarop ooreengekom is op dié reeks se direksievergadering wat Woensdag gehou is. Die Varsitybeker is weens die Covid-19-pandemie op 15 Maart tot nader kennisgewing opgeskort.
Hoewel die verklaring wat uitgereik is, melding maak dat die seisoen slegs nietig verklaar sal word indien geen verdere sport vanjaar op universiteitsvlak beslis kan word nie, lyk die kanse skraal dat daar enige sportaksie sal wees.
Een van die teenwoordiges by die vergadering het aan Netwerk24 gesê dat die verklaring bloot so verwoord is uit respek vir die feit dat die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, later vandeesweek nog ’n aankondiging moet maak oor die planne vir die hervatting van tersiêre onderwys.
Die direksie wou dit nie laat lyk of hy besluite neem sonder inagneming van die situasie weens die koronavirus aan universiteite nie.
Daar sal dus in 2021 tien spanne in die Varsitybeker-reeks speel, met geen spanne wat na die Skildreeks gerelegeer word nie. Die Madibaz kry promosie omdat hulle verseker het dat hulle oor die afgelope twee seisoene die voorste span in die Skildreeks was.
Die twee spanne wat aanstaande seisoen in die negende en tiende plek in die Bekerreeks klaarmaak, sal outomaties na die Skildreeks gerelegeer word. Van 2022 af sal die Bekerreeks tussen agt spanne beslis word.
Een van die grootste kwelpunte voor die vergadering was juis hoe die kwessie van promosie/relegasie hanteer moes word.
Die onderste span op die gesamentlike puntelys vir 2019 en 2020 sou outomaties afgeskuif het, terwyl die span wat voorlaaste was, in ’n promosie-relegasie-wedstryd sake sou moes uitspook teen die span wat tweede in die Skildreeks geëindig het oor dieselfde tydperk.
Hulle sou op 16 Maart slaags gewees het met die verloorder wat straks in 2021 in die Skildreeks sou moes meeding.
Die Universiteite van Johannesburg (UJ, tien punte) en Wes-Kaapland (UWK, 12) sal ’n sug van verligting slaak, omdat hulle aan die onderpunt van die puntelys lê. Hulle sou op 16 Maart slaags gewees het met die verloorder wat straks in 2021 in die Skildreeks sou moes meeding.
Die Madibaz, wat aan die einde van die 2018-seisoen na die Skildreeks gerelegeer is, sal bly wees oor hul bevordering. Spanne kry beter blootstelling in die boonste kompetisie, wat ook beteken dat hulle spelers van ’n hoër gehalte lok. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie