Varsitybeker: Vyf Namibiërs in taai leerskool
Verskeie name was tot dusver waarskynlik nie op die nasionale keurders se radar nie.
Andrew Poolman – Watter afrigter ook al volgende Namibië se nasionale span oorneem om na die 2023 Wêreldbeker te lei, kan gerus 'n oog hou op die ontwikkelende talent in die Varsitybekerreeks wat vir die land kwalifiseer.
Die Namibië Rugby-unie (NRU) is nog nie in 'n posisie om 'n aankondiging te maak oor wie die nuwe hoofafrigter sal wees nie.
Die NRU se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Theo Grunewald, het gister aan die koerant gesê goeie vordering is die afgelope tyd in die samewerking met Wêreldrugby gemaak, wat 'n ewe groot inspraak in die aanstelling het vanweë die feit dat die wêreldbeheerliggaam die salaris van die Namibiese hoofafrigter betaal.
Volgens hom het ander faktore egter intussen die situasie beïnvloed en kan die NRU hom dus nog nie tans oor die vooruitsigte uitspreek nie.
Sover die koerant kon uitvind, het vyf Namibiërs vanjaar in die afgelope Varsitybekerreeks gespeel.
Van die Noordwes-universiteit se Pukke is die stut Nelius Theron die enigste wat reeds vir Namibië toetsrugby gespeel het of wat 'n lid van die 2019 Wêreldbekerspan in Japan was.
Die 24-jarige Theron en die slot Johan Retief (25) is beide steeds ook by die provinsiale unie die Luiperds gekontrakteer, hoewel laasgenoemde vanjaar te oud word om vir Pukke in die Varsitybeker te kon speel.
Pukke het tevore gewemel met studerende Namibiese rugbyspelers, maar afgesien van Theron het die meeste intussen aanbeweeg.
Justin Newman (vleuel) werk en studeer in Walvisbaai en speel klubrugby vir Kudus; Louis van der Westhuizen (haker) is in Bloemfontein aan die Vrystaat-Cheetahs verbonde; Wian Conradie (losvoorspeler) speel in Amerika se Major League Rugby vir die franchise-span New England Free Jacks.
Die res van die 2021-spelers in die Varsitybeker was waarskynlik tot dusver veel minder op die radar van die Namibiese keurders.
Die Universiteit van die Vrystaat se Shimlas spog met drie gebore Namibiërs, van wie twee tevore die nasionale o.20-span verteenwoordig het.
Die buitesenter Danco Burger, vaskopstut Zéan Augustyn en flank Jan George (Bakkies) Rossouw is die drietal wat vanjaar vir die Shimlas op pad na hul sewende eindposisie uit tien universiteitspanne uitgedraf het.
Die 22-jarige Danco Burger, tevore van Privaatskool Elnatan, het die Namibiese o.20-span gehaal voordat hy BCom sakebestuur in Bloemfontein gaan studeer het.
Die stewige blondekop van 99 kg en 1.82 meter het verlede maand die oog gevang toe hy twee drieë in die Shimlas se nederlaag teen Tuks in Pretoria gedruk het.
“Danco het al vanaf o.13 en o.18 Cravenweek sy merk gemaak, voordat hy die Luiperds se o.19-groep gehaal het. Ek glo hy sal 'n aanwins vir Namibië wees as hy so aanhou,” sê Johan Adriaanse, uitgetrede senter van Trustco United wat hom in sy Elnatan-dae afgerig het.
Op sy webprofiel vir Therugbyagents.com beskryf Burger homself as 'n dinamiese en ambisieuse speler wat altyd voorbereid is vir die kans om met vasberadenheid en vasbyt tot die span by te dra.
• Bakkies Rossouw speel al 'n paar seisoene vir die Shimlas. Die ouer broer van die Namibiese o.18-haker JC Rossouw (nou by Wanderers) was in Laerskool Pionierspark voordat hy sy hoërskoolloopbaan by Grey Kollege in Bloemfontein voltooi het en in die laaste twee jare die eerste span se kaptein was.
Hy het ook die Cheetahs se o.18 Cravenweekspan aangevoer en speel sedert 2018 Varsitybeker vir die Shimlas, waar hy met 'n nagraadse studie besig is. Rossouw weeg 109 kg en is 1.89 meter lank.
• Zéan Augustyn is in Oranjemund gebore. Sy pa Attie se broer Jannie Augustyn was ook 'n stut, wat in 1998 lid van Namibië se eerste suksesvolle kwalifiserende Wêreldbekerveldtog was.
Augustyn (nou 110 kg en 1.84 meter) sê: “Ek het rugby begin speel in graad 1 in LS Hoeksteen in Rosh Pinah. In graad 2 is ek Elnatan toe en het die o.13 Hardapstreekspan gehaal, maar nie die Cravenweekspan nie.
“In graad 9 is ek na Duineveld Hoërskool in Upington waar my pa en oom ook op skool was. In my o.16-jaar het ek vir Griekwas Platteland in die Grant Khomo-week gespeel, en in graad 11 en 12 vir ons skool se eerste span gespeel (die laaste jaar kaptein) en ook 2016 en 2017 o.18 Cravenweek vir Griekwas Platteland.
“Ná skool is ek in 2018 Bloemfontein toe waar ek o.19 Curriebeker vir die Cheetahs gespeel het. Ek was gekies vir die Namibiese o.20-span vir die kwalifiserende Afrika-toernooi wat ons gewen het, maar ek is nie gekies vir die Roemenië-toer (Wêreldrugby O.20 Trofee-toernooi) nie.
“In 2019 het ek vir die Universiteit van die Vrystaat se o.20's en die Varsitybeker Young Guns gespeel.
“Ek sal vir seker beskikbaar wees om vir my land Namibië te speel. Dit sal natuurlik 'n groot voorreg wees.”
• Gerswin Mouton (20) is nie 'n onbekende aan die meeste rugbykykers nie, met 'n stamboek sedert sy vertonings vir spanne soos Windhoek Affies, die nasionale o.18- en o.20- asook die Namibiese sewesspan.
Sy pa Deon, voormalige vleuel wat in drie Wêreldbekers gespeel het, sê Gerswin studeer regte by Wits-universiteit en speel vleuel, dieselfde posisie as toe hy tevore 'n junior kontrak by die Blou Bulle gehad het.
“Gerswin wil graag soos op skool losskakel speel, maar speelkans in dié posisie is maar min,” vertel Deon.
Die Wits-vleuel weeg 88 kg en is 1.84 m lank, volgens sy Varsitybeker-profielbladsy.
– [email protected]
FOTO’s
Die senter Danco Burger druk een van sy twee drieë vir die Shimlas teen Tuks op Loftus Versfeld verlede maand. Foto Varsity Cup, Catherine Kotzé
Die Shimlas-flank Jan George (Bakkies) Rossouw. Foto Varsity Cup
Wits se vleuel Gerswin Mouton op die verdediging teen Ricoman Titus van CUT Ixias. Foto Varsity Cup
Die Pukke-stut Nelius Theron.
Zéan Augustyn (regs), stut van die Shimlas, in sy o.19 Vrystaattrui saam met Sebastiaan Jobb, ’n ou skoolmaat wat vir die Blou Bulle gespeel het. Foto Instagram

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie