Varsitybeker wink vir oud-Bokvleuel Olivier se seun
Rugby
Marnus Kok – Die voormalige Springbok-vleuel Jacques Olivier se seun kan vanjaar vir Tuks in die Varsitybeker-rugbyreeks speel.
Jacques Olivier jr. (22), ’n senter, is in die Pretorianers se groep vir die studentereeks, wat Maandag afskop.
Benewens die 17 toetse wat Jacques sr. vir die Bokke gespeel het, het hy ook die nasionale sewesspan in agt toernooie in Wêreldrugby se sewesreeks verteenwoordig.
Jacques sr. is ook ’n geliefde persoon in Pretoria, waar hy 137 wedstryde vir die Ligbloues gespeel het.
Jacques jr., wat in die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria was, het nooit vir dié skool se eerste span uitgedraf nie.
“Op skool het ek nooit in wonderlike spanne gespeel nie. Ons mededinging was straf,” sê Jacques jr.
“In graad 11 het ek vir die vyfde en sesde span gespeel. Aan die einde van graad 11 het ek my linkerenkel gebreek.
“Dit het my omtrent ’n jaar gevat om terug te kom. In matriek het ek weer vir die vyfde en sesde span gespeel.”
Ná skool was dit nie aanvanklik Jacques jr. se plan om rugby te speel nie. Hy het verlede jaar ’n BSc-graad in bourekenkunde verwerf en gaan vanjaar sy honneursgraad doen.
Jacques jr. het wel vir die Bulle se akademie en Tuks se o.20-span gespeel, asook in 2019 in die Varsitybeker se Young Guns-reeks.
“Ná die seisoen vir die Young Guns het ek besluit ek wil ’n breek van rugby vat, want dit het baie met my studie ingemeng,” sê Jacques jr.
“Toe het ek in Augustus 2021 vir coach Nico Luus (afrigter van Tuks) ’n boodskap gestuur en gevra of ek iewers kan inval.”
Verlede jaar het Jacques jr. vir die Fezelas, Tuks se tweede span, in die Carltonbeker-reeks gespeel.
Benewens sy pa, bruis die rugbybloed behoorlik in Jacques jr. se are. Saartjie Olivier, sy ouma, het in April 2021 haar 47ste jaar in diens van die Blou Bulle gevier.
Jacques jr. se oupa Theuns het op skrumskakel vir die destydse Suidwes-Afrika uitgedraf. Theuns se suster, Hyla, was met die wyle Jan Ellis (’n oud-Boklosvoorspeler) getroud.
Jacques jr. sê van jongs af het sy pa geen druk op hom geplaas om in rugby te presteer nie.
“Baie mense wat saam met my in die laerskool was ... jy kon sien hul ouers sit reeds druk op hulle. Hulle dink dit (rugby) is wat hulle gaan doen,” sê Jacques jr.
“My pa het dit duidelik gemaak dat hy verstaan wat gebeur; hy het rugby gespeel. Toe hy klaarmaak, toe besef hy dat jy nog ’n hele lewe daarna het om te leef. Rugby is nie die belangrikste ding in die lewe nie.”
• Tuks begin die aanslag op die verdediging van sy titel in die Varsitybeker-reeks Maandag teen die Maties in Pretoria.
– Netwerk24
FOTO’s
Jacques Olivier senior het 137 wedstryde vir Noord-Transvaal gespeel. Foto Gallo Images
Jacques Olivier junior gaan vanjaar vir Tuks in die Varsitybeker-reeks speel. Foto Varsitybeker

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie