Vat die spoor van jou verlede
Ernst Hashagen skryf:
Om jou eie familiegeskiedenis neer te pen, is 'n belangrike en vervullende daad wat ek graag vir almal aanbeveel.
Hoe dit in my geval gebeur het?
Ons kleindogter (14 jaar oud) het een dag opgemerk: “Oupa, jy vertel altyd sulke interessante stories uit die verlede. Kan jy nie vir ons alles neerskryf nie?”
Ek het dadelik aan die werk gespring en binne twee jaar kon ek die boek aan haar en die res van die familie oorhandig.
BETEKENIS
Wat het die navorsing vir my persoonlik, maar ook vir die familie, beteken?
As 'n mens oor die verlede van jou familie navorsing doen, word baie dinge, veral as dit kom by belangrike besluite en die gevolge daarvan, eers vir 'n mens duidelik. Vir my was dit belangrik om uit te vind hoe ons familie in 1950 in die destydse Suidwes-Afrika beland het terwyl die res van die familie in Duitsland gebly het (onder ander 'n broer en 'n suster). Hoe het ons dit reggekry om in verbinding te bly? Ons het immers op 'n plaas in die Noorde gebly. Kommunikasie was nie so maklik soos vandag nie.
'n Geboekstaafde familiegeskiedenis het groot waarde. Dit is nie net vir die bande tussen familielede belangrik nie, maar laat verstaan almal hoe gesinne en die groter familie inpas in groter geskiedkundige gebeure en daardeur aangeraak en beïnvloed word.
My familie se geskiedkundige spore loop deur Duitsland, Portugal, Borneo, Suid-Afrika en Namibië.
SÓ MAAK MENS
As ek aan ander mense raad mag gee. . .
Foto's, veral met datums en die name van persone, was 'n groot hulp.
Ek het ook briewe gebruik wat deur my voorouers geskryf is.
Eie ondervindings het ook 'n rol gespeel.
Ek het 'n boek gebruik wat deur my oom geskryf is. Hy was 'n duikbootkommandant tydens die Eerste Wêreldoorlog.
Skielik is ons vanjaar, vir Desember, na Ierland genooi om 'n wydingseremonie by te woon. Die mense het die Hashagens op die Internet opgespoor.
Een van my oom se verhale handel oor die sinking van die MHS Tulip naby Ierland. Hy het die bemanning tyd gegun om die skip met genoeg voorrade te verlaat en die bevelvoerder, kommandeur Norman McCrae Lewis, het hoewel hy krygsgevangene geneem is 'n vriend van my oom geword.
Daar was ook briewe van my pa. Die Tweede Wêreldoorlog het sy lewe geëis toe ek maar net drie jaar oud was. Die briewe was vir my persoonlik besonders belangrik, want ek het my pa nooit geken nie.
Daar is ook 'n boek wat deur Brigitte (my vrou) se oupa geskryf is. Hy was 'n sendeling in Borneo en het in dié land diens gedoen van 1904 tot 1930. Daarna is hy na Suid-Afrika verplaas. Die ontberinge wat die familie moes deurstaan in diens van die Allerhoogste is onbeskryflik.
Daar was ook briewe en vertellings van my skoonpa oor die sewe jaar agter doringdraad in Koffiefontein se konsentrasiekamp gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Hy is toegesluit net omdat hy 'n Duitssprekende Suid-Afrikaner was. Hy was aangestel in Saron, 'n sendingstasie in die Wes-Kaap, waar sy pa as sendeling gewerk het.
'n Ander bron was my oupagrootjie, dr. Friedrich Hashagen (1841-1924) se boek. Hy was 'n professor in teologie aan die Universiteit van Rostock.
Albert von Roon, my oupagrootjie van moederskant, was krygsminister onder Keiser Wilhelm en het saaam met Bismarck en Von Moltke as raadgewers vir die keiser diens gedoen. Ook hy het hom later in die teologie begewe en 'n belangrike rol in die ontwikkeling van kerkmusiek gespeel.
ELKEEN KAN
Ek het die boek laat druk en onder die familie in Namibië, Suid-Afrika en Duitsland versprei. Dit beslaan 524 bladsye (A4-formaat) en bevat natuurlik baie foto's, maar is 'n private projek en publikasie.
Die omslag is ontwerp deur Bianca Bates, 'n oudleerling van die Delta Sekondêre Skool Windhoek (voorheen die DOSW).
Selfs al het jou voorsate of familielede nie boeke geskryf nie, is daar steeds baie bronne om te gebruik, ook oorvertellings, wat dan verder bevestig kan word.
Ek moedig ander Namibiërs aan om weens die waarde daarvan en vervulling wat 'n mens ervaar, ook hulle verlede neer te pen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie