Vat saboteurs van landbou su00f3 vas
Vat saboteurs van landbou su00f3 vas

Vat saboteurs van landbou só vas

Mandy Rittmann
JOHN FREDERICKS SKRYF:

Boerdery oor die algemeen, maar veral veeboerdery, is ''n uiterse belangrike sektor van die Namibiese ekonomie. Behalwe vir mynbou, toerisme en visserye is dit teen van die natuurlike bronne wat met groot omsigtigheid bedryf moet word, maar die onlangse berigte van plundering, verwoesting, en vermorsing van hierdie sektor skep groot bekommernis.

Die tempo en aard van die verwoesting, met die gepaardgaande ekonomiese en finansiële verliese - nie net vir die eienaars van die plase waar hierdie verwoesting gesaai word nie, maar ook vir die land se ekonomie - hou verskriklike groot uitdagings in. Die barbaarse manier van die slagting van top gehalte vee en die onnatuurlike wyse van die skending van eienaarsreg sal met mening en doeltreffendheid aangespreek en aangepak moet word.

Juis die feit dat die wankelrige ekonomie met sulke selfsugtigheid en selfbeheptheid gesaboteur word, verg dat hierdie vorm van ekonomiese diefstal, plundering en sabotasie met mening uitgeroei moet word.

Ek stel voor dat rondgaande howe geskep word wat spesifiek veediefstal- en wilddiefstal-sake sal aanhoor en om borg te weier by die aankeer van sulke saboteurs. Die sake moet binne 21 dae na die aankeer van die boewe afgehandel word en die straf moet gelykstaande wees aan die persoonlike verliese van die eienaars, asook die negatiewe impak wat dit op die ekonomie gehad het.

Die kopers van sulke diere/vleis is deel van die euwel en moet ook boetes opgelê word. Andere kan gemeenskapdiens opgelê word, waar die boetes nie betaal kan word nie.

Geen menseregte sal ondermyn word met die weiering van borg nie, omdat dit ''n volslae feit is dat 80% van hierdie geweldenaars hulle aan dieselfde wanpraktryk skuldig maak as hul op borg uit is.

Ek sal verder voorstel dat die staat, wat gefaal het om die nodige beskerming te bied aan hierdie belangrike sektor van die ekonomie, 30% betaal van die algehele verliese wat die eienaars dra. Sodoende sal die staat dan meer paraat wees in sy optrede ter beskerming van hierdie sektor.

Aan die plaaseienaars, laat jul werkers toe om minderheidsaandeelhouers te wees deur hul toe te laat om hul vee op die plase aan te hou (met dieselfde vereistes wat julle vir julle eie boerdery toepas). Omdat hul eie (die werkers) se toekoms, welstand en vooruitgang bedreig word, sal hulle ook meer paraat, samewerkend en “empowered” wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!