Vaughan kry kans op u2019n beter lewe
Vaughan kry kans op u2019n beter lewe

Vaughan kry kans op ’n beter lewe

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Soos enige normale en aktiewe tienerseun wil hy graag saam met vriende kan rondhardloop en aan sport deelneem.

Te wyte aan ‘n erg pynlike mediese toestand wat as veelvuldige aangebore eksotose bekend staan, is dít egter nie die 13-jarige Vaughan Namaseb beskore nie.

Volgens Vaughan se ma, me. Judy Rikua, veroorsaak die toestand dat haar seun voortdurend pyn in sy gewrigte en polse ervaar, wat ook pynlike benerige uitgroeisels het.

“Die toestand veroorsaak dat hy nie ‘n normale kinderlewe kan lei nie. Hy kan aan geen sportaktiwiteite deelneem of selfs net saam met ander kinders rondhardloop en speel nie. Dit is eenvoudig te pynlik,” vertel Rikua.

Volgens haar het dit veral ‘n uiters negatiewe uitwerking op haar seun se selfbeeld.

‘n Operasie kan Vaughan se lewe nou uiteindelik ten goede verander, waartydens die veelvuldige eksotose deur ‘n pediatriese ortopediese chirurg in Kaapstad verwyder sal word.

Die operasie is geskeduleer vir 17 Oktober en sal deur dr. Anria Horn in die Universiteit van Kaapstad (UCT) se private akademiese hospitaal uitgevoer word.

Die totale beraamde koste, wat die operasie, hospitaal- en verblyfkoste, sowel as die narkotiseur en chirurg insluit, beloop sowat N$100 000.

Hiervan dek die mediese fonds 80%, en die oorblywende 20% is vir die gesin se eie sak.

Indien iemand ‘n bydrae tot Vaughan se herstel wil maak, kan me. Rikua of haar man by 081 229 3438 of 081 774 9370 geskakel word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!