VBS dank byna al sy personeel af
Petrus Malherbe - VBS Mutual Bank het 94 van sy 120 personeellede afgedank en verskeie takke gesluit weens ’n ernstige kontantvloeiprobleem met uitgawes wat sy inkomste oorskry.
Dié onderlinge bank is in Maart deur die Reserwebank in kuratele geplaas. Anoosh Rooplal namens die regsfirma SizweNtsalubaGobodo is as kurator aangestel.
“Ons moes ongelukkig personeelgetalle by die bank verminder. Dit is altyd ’n moeilike besluit en ons het die proses omvattend en deursigtig aangepak,” sê Rooplal in ’n verklaring.
Die kurator het reeds in Julie met personeel vergader en aangedui dat afleggings gaan volg.
Daar is ook eers met die nodige vakbonde en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie vergader.
Luidens die verklaring is personeel in kennis gestel dat net 26 uit ’n totaal van 120 poste behou gaan word en dat daar weer vir dié poste aansoek gedoen moet word.
Diegene wie se aansoeke suksesvol was, is op 12 Oktober daarvan ingelig. Die oorblywende 94 personneellede het dieselfde dag gehoor hulle is afgedank. Elkeen ontvang ’n pakket en sommige is ook geregtig op ’n dertiende tjek.
Die oorblywende personeel is almal betrokke by die insameling van lenings en die dag-tot-dag bestuur en administrasie van die bank. Twee hoofbestuurders is ook aangestel.
Verskeie takke is gesluit, insluitend in Johannesburg, Durban en Sibisa in Limpopo.
VBS se hoofkantoor het na ’n enkele kantoorblok verskuif sodat die res van die gebou moontlik verhuur kan word.
Twee takke, in Thohoyandou en Makhado (voorheen Louis Trichardt), bly in bedryf.
Luidens die verklaring gaan die bank onnodige en ongebruikte bates van die hand sit waarvan die opbrengs gebruik gaan word om krediteure, insluitend munisipaliteite, terug te betaal.
Meer as 14 munisipaliteite het nog ’n gesamentlike bedrag van R1,2 miljard wat by VBS lê wat hulle sedert Maart nie weer kon onttrek nie.
Kleinhandeldesposante wat nog deposito’s by die bank het sal geregtig wees op uitbetalings ná die verkoop van die bates.
’n Verdoemende verslag wat die Reserwebank vroeër die maand uitgereik het, het bevind dat stelselmatige bedrog tot grootskaalse plundering van nagenoeg R2 miljard by VBS gelei het.
’n Strafregtelike ondersoek deur die Valke is na bedrywighede by die bank begin. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie