VBS-voorsitter het glo soos dief in die nag verdwyn
Ramavhunga en Matodzi word verhoor ingevolge Saica se regulasie 30.2, wat daaroor handel dat ouditeure se Saica-lidmaatskap beëindig moet word as hulle gesekwestreer word.
Elvira Wood
Daar was Vrydag geen teken van Andile Ramavhunga, voormalige uitvoerende hoof van VBS Mutual Bank, en Tshifhiwa Matodzi, voormalige voorsitter van die direksie, by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) se tugverhoor wat in Illovo, Johannesburg gehou word nie.
Hulle het ook nie regsverteenwoordigers na die verhoor gestuur nie.
Die verhoor, met adv. Shanee Stein SC as voorsitter, het sonder hul teenwoordigheid begin.
Ramavhunga en Matodzi word by bedrog en wanbestuur betrek in adv. Terry Motau se forensiese ondersoek na die bank wat in duie gestort het. R1,8 miljard het glo uit die bank verdwyn.
Volgens 'n verklaring van Saica mag inligting oor so 'n verhoor openbaar gemaak word as die liggaam reken dat dit in die openbare belang is.
Okyerebea Ampofo-Anti, vennoot by Webber-Wentzel, wat argumente namens Saica voorgelê het, sê hulle kon Matodzi glad nie in die hande kry nie.
Volgens haar het hy nie sy telefoon geantwoord of op enige e-posse gereageer nie. Hulle kon hom ook nie opspoor by die adres wat hy by Saica geregistreer het nie.
Sy sê gegewe die redes vir Matodzi se voorlopige sekwestrasie op 31 Julie in die hooggeregshof en dat hy nié op enige versoeke om voor die komitee te verskyn gereageer het en ook nie opgedaag het nie, wys dat hy waarskynlik nie daarin belangstel om aan Saica te kom verduidelik hoekom hy nie geskors moet word nie.
Sy sê ook daar is wyd in die media berig dat die verhore gehou sou word en dat hy op dié manier óók daarvan kon uitvind.
LIDMAATSKAP OPSKORT
Sy sê daar is dus geen rede hoekom Saica nie in sy afwesigheid sy lidmaatskap kan opskort nie.

Ramavhunga is ook onlangs in die hooggeregshof voorlopig gesekwestreer. Dis deur die kurator van VBS gedoen ten einde hul bates te bevries.
Ingevolge Saica se regulasies moet partye wel die kans gegee word om hul kant van die saak te stel en te sê of daar uitsonderlike redes is waarom hul lidmaatskap nié beëindig moet word nie.
Die opskorting van lidmaatskap geld tien jaar.
Stein het Ampofo-Anti gevra om 'n getuie te vra om voor die kommissie te verskyn om te getuig dat hulle alles in hul vermoë gedoen het om hom in die hande te kry.
Die verhore is kortliks verdaag tot tyd en wyl die getuie die verhoor kan bywoon. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie