Vee dit tog net onder die mat in
Karin Eloff - Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo, hulle hou van geheime en dan maak hulle só . . .
Hulle skiet die boodskapper. Die een wat met die sak patats uitkom. Maar hoekom? Wat is dit van ons Afrikaners dat ons goed so graag onder die mat invee, wegsteek, die gesig wegdraai en maak of sekere goed nie bestaan nie?
En as iemand ’n geheim durf uitlap, is daar geveinsde skok, afgryse, ontkenning en vernedering van die dapper bom dropper.
Soos nou weer met die Bird Island-boek. Niemand van ons, behalwe die vermeende oorlewende betrokkenes by dié saak, weet of wat in die boek beweer word, waar is of nie.
En tog is die boodskapper geskiet. Letterlik. Of dit nou deur homself of deur iemand anders was, gaan ons ook seker nie sommer uitvind nie. Die selfmoordbriewe wat gevind is, is volgens my nie noodwendig ’n waarborg van enigiets nie. En ás dit selfmoord was, dan moes dit die patats gewees het wat die boodskapper geestelik so uitgeput het.
Die punt is dat stilswye, en veral jare lange stilswye, sóveel gemors veroorsaak.
Maar steeds klou ons aan geheimhouding vas.
Mnr. X het nou nog nie vir sy vrou en kinders gesê van sy beweerde molestering deur die ooms toe hy ’n jong seun was nie. Hy leef al amper 40 jaar met dié geheim saam.
Marie is al amper 80, maar het nog niemand vertel haar oom Koos het homself aan haar ontbloot toe sy as tienjarige dogtertjie op sy skoot gaan sit het nie. Oom Gert is sy lewe lank al ’n alkoholis, maar by familie-etes kyk almal met verleë laggies weg as hy begin dreig om Tannie Sarie in te ruil vir ’n jonger model ná hy die hele gesin geskiet het. Sondae sit die gesin in die kerk se voorste gestoeltes.
Moet tog nie vir die kinders sê Pa het ’n affair met Ma se jonger suster nie. Antie Bybie was al swanger in matriek, maar kon darem in ’n tehuis vir swanger skoolkinders weggesteek word.
Oom Piet was as jongman ses jaar in die tronk vir ’n gewapende roof, maar die familie moet tog net nie vir sy kinders sê nie. Of vir sy derde vrou nie.
En bewaar die een wat vir Oom Jan gaan sê Ousus Anna is eintlik sy ma, en sy ma, Tannie Johanna, is eintlik sy ouma. En moet tog nie vir die kinders sê Pa het kanker nie. Of dat Broer Ben eintlik al op sy ouers se troue ’n broodjie in die oond was nie.
En moet verál nie dat dominee uitvind Neef Frik is eintlik ’n ateïs nie. Mét ’n dobbelprobleem nie.
Maar hoekom nie? Hoekom is ons so blerrie skaam oor die waarheid?
Wel, sekerlik omdat die waarheid seermaak, vernederend is en ons as swak en menslik ontbloot. Maar . . . dit maak tog vry?
Wat die ontvanger van die waarheid daarmee doen en hoe hy of sy dit verwerk, is tog húl saak?
As ons in die eerste plek nie so ’n helse drama van alles maak nie, is die waarheid dalk soveel makliker om te verwerk.
Kom ons hou tog net op maak of ons heilig is, want dan is die waarheid se angel ook nie so ’n big deal nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie