Vee verantwoordelik vir 3% van motorongelukke
Boeregemeenskappe sê hulle het verskeie uitdagings om hul vee te beheer.
Elvira Hattingh - Tot dusver vanjaar is vier mense dood en 123 beseer in 79 ongelukke wat deur diere op paaie veroorsaak is.
Volgens die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) is diere in padreserwes jaarliks verantwoordelik vir sowat 3% van al die ongelukke wat op die land se paaie plaasvind.
In 2016 alleen het vee in padreserwes tot 140 motorongelukke gelei en altesaam 13 mense is dood en 265 beseer. Die meeste van die ongelukke (42) het in die Otjozondjupastreek voorgekom, gevolg deur Oshikoto (17) en Hardap (13).
“Die fonds het in die lig hiervan ’n beroep op boere gedoen om hul vee weg van openbare paaie te hou, vee te gaan soek as hulle vermis raak, en vee bedags op te pas en snags in krale te laat slaap. Terselfdertyd is kommersiële boere aangeraai om hul grensdrade gereeld te ondersoek en motorbestuurders om ekstra waaksaam te wees,” het die fonds se mnr. Sidney Boois, waarnemende hoof van korporatiewe sake, aan Republikein gesê.
Dit volg nadat die fonds, die ministerie van werke en vervoer, die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC), die Forum vir die Selfregulering van die Alkoholbedryf (SAIF) en die Private Sektor Padveiligheidsforum (PSRSF) onlangs besprekings oor padveiligheid langs die Trans-Kalahari Korridor, A1- en A2-roetes, gevoer het en ongelukke waarin vee betrokke is, ’n prominente kwessie was wat na vore gekom het.
Dit het daartoe gelei dat die fonds in Julie vanjaar met die Witvlei-gemeenskap in gesprek getree het oor hoe die probleem aangepak word. Daar is toe ook met die Maltahöhe Boerevereniging en die Omutsegwonime-gemeenskap gepraat.
“Die gemeenskappe het gesê hulle het verskeie uitdagings om hul vee te beheer. Dit sluit in ’n gebrek aan krale, ’n gebrek aan geld om grensdrade te herstel asook ’n gebrek aan kennis van die padwet.
“Die fonds wil gesprekvoering prioritiseer in streke waar die meeste motorongelukke van die aard plaasgevind het. Dit is egter ideaal dat die hele land hierby betrokke raak omdat dit ’n gemeenskaplike kommer van alle bestuurders en padgebruikers is.
“Ons sal dit egter net kan doen as ons meer geldelike en menslike hulp van ons vennote en ander belangegroepe kry,” sê Boois.
Volgens die padverkeer- en vervoerwet van 1999 en die regulasies van 2001, mag geen persoon enige beeste, perde, donkies, muile, skape, bokke, varke of volstruise op enige gedeelte van ‘n openbare pad laat waar die pad aan weerskante toegespan of toegemaak is nie. Die diere mag ook nie êrens gelaat word waar dit op die pad kan beland nie,” lui ’n verklaring wat die fonds uitgereik het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie