Veebemarking tel kop op in 2017
Laas jaar was ’n beter een vir die veebedryf, wat bemarking én pryse betref.
Ronelle Rademeyer - Die bemarking van beeste en skape het verlede jaar kop opgetel in Namibië nadat die lewendehawebedryf in 2016 een van sy swakste jare beleef het.
Altesaam 421 000 beeste is 2017 bemark, wat 30% meer is as die 293,000 beeste wat in 2016 bemark is.
Volgens die Vleisraad van Namibië was 313 000 hiervan speenkalwers wat na voerkrale in Suid-Afrika uitgevoer is. Dit beteken van die 421 000 beeste wat bemark is, het produsente 108 000 by plaaslike uitvoer- en ander abattoirs laat slag.
Die pryse wat boere by veilings vir speenkalwers gekry het, was verder ook 34% hoër as in 2016.
Daarteenoor het die gemiddelde B2-graad beesvleispryse by uitvoerabattoirs in 2017 met 16% gestyg.
In 2016 is altesaam 30,3% mínder beeste as in 2015 bemark. Dit beteken bemarkingsgetalle vir beeste het in 2017 tot ’n groot mate genormaliseer teenoor die 423 491 beeste wat in 2015 in Namibië bemark is.
Die skaapbedryf het in 2016 ’n bemarkingsdaling van 29,2% teenoor 2015
beleef, maar het anders as in die geval van beeste in 2017 met net 2% toegeneem.
Altesaam 704 000 skape is verlede jaar bemark waarvan 394 000 uitgevoer is en 310 000 plaaslik geslag is. In 2016 is 680 843 skape bemark en in 2015 het die syfer op 961 180 gestaan.
Die gemiddelde A2-skaapkarkasprys het in 2017 net soos in die geval van die beesvleispryse, ook met 16% gestyg.
Volgens die Vleisraad was die skerp daling in lewendehawebemarking in 2016 te wyte aan die inwerkingtreding van Suid-Afrika se streng invoerregulasies vir vee op die hoef.
Tussen Junie en Julie 2016, toe die Suid-Afrikaanse invoerregulasies van krag geword het, het lewende uitvoere van 31 837 in die voorafgaande maand, tot net twee beeste teruggesak.
Die invoerregulasies het ook ’n groot impak gehad op die pryse wat by veilings vir speenkalfprodusente aangebied is. Pryse het tussen Augustus en Oktober 2016 teruggesak van N$16,68 per kilogram tot N$11,30 per kilogram. Daarmee saam het produsente se bedingingsmag verminder en was hulle genoodsaak om te vat wat hulle kon kry, aangesien die droogte produksietoestande op plase erg geknel het.
Pryse het later in 2016 stelselmatig verbeter namate al hoe meer voerkrale in Suid-Afrika geregistreer het om onder gekontroleerde omstandighede vragte met speenkalwers uit Namibië te kan ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie