Veebrandmerke moet duidelik sigbaar wees
Veebrandmerke moet duidelik sigbaar wees

Veebrandmerke moet duidelik sigbaar wees

Ronelle Rademeyer
Die winterhaarkleed wat diere as beskerming teen koue ontwikkel, het dikwels die onsigbaarheid van brandmerke tot gevolg.

Meatco het gevolglik in sy jongste nuusbrief 'n beroep op produsente gedoen om hul diere weer te brandmerk om te verseker brandmerke te is duidelik sigbaar wanneer diere by Meatco se uitvoerabattoir afgelaai word.

Onduidelike of onsigbare brandmerke bemoeilik inspeksie deur beamptes van die direktoraat veeartsenydienste (DVS) en wanneer dit gebeur en diere is nie identifiseerbaar nie, kan eienaarskap bevraagteken word.

Meatco wys daarop die Wet op Dieregesondheid (Wet 1 van 2011) se regulasies vereis dat diere duidelik gebrandmerk word. Die DVS vereis ingevolge hierdie wetgewing dat 95 persent van diere wat aan Meatco en ander bemarkingskanale gelewer, word duidelike brandmerke moet hê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!