Diefstal kos Kalkfeld se boere N$8 miljoen in vyf jaar
Die afgelope week was vee- en wilddiewe bedrywig oraloor die land, met een Karibib-boer by wie 35 skape gesteel is.
Elvira Hattingh – 'n Enkele boerevereniging se lede het die afgelope vyf jaar N$7,919 miljoen aan diefstal afgestaan. Die afgelope jaar, tot op hede, het die lede reeds 'n totale verlies van N$1,366 miljoen gely.
Die Kalkfeld Boerevereniging het Maandag hul jongste statistiek aan Republikein verskaf, wat aandui in die eerste agt maande van dié jaar is N$793 800 se beeste gesteel, asook N$29 700 se skape en bokke en wild ter waarde van N$488 600 is gestroop. Ander items ter waarde van sowat N$54 000 is ook van die boere gesteel.
Me. Silke von Gossler, wat die statistiek vir die boerevereniging byhou, het gesê N$5,699 miljoen se beeste is sedert 2016 tot op hede van die boere gesteel. Dit sluit N$1,302 miljoen se wild uit, asook ander items ter waarde van N$795 205.
Drie keer in een nag
Von Gossler het gesê daar verloop nie 'n week sonder dat lede van die boerevereniging onder diefstal deurloop nie en soms is daar tot drie verskillende pogings tot diefstal in een nag. “Jy weet nie waar jy moet wees en wanneer jy kan voortgaan met jou eintlike werk nie,” het sy gesê.
Die afgelope week het diefstal op plase ook hoogty gevier. Verlede week het die polisie op Karibib beslag gelê op 19 geslagte skape, insluitend een ram. Toe die eienaar opgespoor is, het hy aangedui 35 skape is by hom gesteel.
Nog boere in die Grootfontein-omgewing het vir die tweede keer binne 'n week die beendere van 'n eland op hul plaas gevind en 'n derde boer van die gebied het gekla hy vermoed sy plaaswerkers was by die onwettige slagting van sewe van sy beeste betrokke.
Twee verdagtes is ook privaat in hegtenis geneem nadat hulle glo 12 bokke die afgelope naweek op die Otjinene-pad in die Gobabis-omgewing gesteel het. 'n Boer het opgemerk die persone se spesifieke skoenspore is by talle onwettige slagtings in die omgewing opgemerk. 'n Derde verdagte het na bewering, tydens die arrestasie, op die vlug geslaan.
Mnr. Rickus Spangenberg van Windhoek K9 Academy, het onlangs aan die koerant gesê geen aand gaan verby waar daar nie iewers gestroop word nie.
“Ek kan nie voorbly nie, die ding ruk handuit. Dit is 'n bekommernis,” het Spangenberg, wat honde oplei om die spoor van vee- en wilddiewe te sny en hulle vas te trek, gesê.
Hy sê dié tipe misdaad het die afgelope maande drasties toegeneem en die stel van draadstrikke, en om met honde en van die pad af met 'n knaldemper op gewere te jag, is tans aan die orde van die dag.
Nog een van die land se grootste teenstropingseenhede, Nyime, se mnr. Stephen Weyands het tóé gesê hulle het ook die afgelope tyd 'n toename in misdaad op plase ervaar, veral as dit kom by die stel van strikke en stropery van wild en vee.
– [email protected]
FOTO
Verlede week het die polisie op Karibib beslag gelê op 19 geslagte skape, insluitend een ram. FOTO WHATSAPP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie