Veediefstalondersoek wys glo wolf was skaapwagter
Kenya Kambowe op Rundu – Veeartsenybeamptes op Rundu het na bewering 'n afgetrede generaal gehelp om vyf beeste te steel.
'n Veediefstalsaak waarby afgetrede genl.maj. Thomas Hamunyela betrokke is, het ontbloot hoe staatsamptenare in diens van die ministerie van landbou, water en grondhervorming se direktoraat veterinêre dienste op Rundu sy kantoor vir persoonlike gewin gebruik het deur met misdadigers saam te werk.
'n Betroubare bron het ons susterkoerant, Namibian Sun, ingelig dat 'n vroulike werknemer by die Rundu-veeartsenykantoor verlede jaar in verband met die saak in hegtenis geneem en aangekla is.
Die polisiebevelvoerder in Kavango-Wes, komm. Josephat Abel, het Maandag haar inhegtenisneming bevestig en gesê hy het die polisie opdrag gegee om alle veeartsenybeamptes wat vermoedelik met veediefstalsindikate verbind word, vas te trek.
“Ek het opdrag gegee dat al die beamptes wat met die saak verbind word, aangekla word. Ek dink hulle is laat verlede jaar aangekla,” het Abel gesê.
HAMUNYELA EIS
SOWAT N$400 000
Hamunyela, voormalige weermaggeneraal, dagvaar nou die staat vir meer as N$400 000 omdat hy na bewering in Januarie verlede jaar onwettig in hegtenis geneem is vir die diefstal van vyf beeste.
Die saak is geskeduleer vir 'n statusverhoor aan die einde van hierdie maand in die hoërhof in Windhoek.
Hofstukke as deel van Hamunyela se siviele eis het ander veeartsenybeamptes geïmpliseer wat hom na bewering gehelp het om die misdaad te pleeg.
Adjudant-offisier Nicolas Ndara Kanyetu van die veediefstaleenheid in die streek het onthutsende onthullings in sy verklaring gemaak, wat kan lei tot die vervolging van minstens twee veeartsenybeamptes.
TEENSTRYDIGHEDE
MET OORPLAATJIES
Kanyetu het getuig hy kon geen inligting by die beamptes by die veeartsenykantoor op Rundu kry toe hy Hamunyela se veediefstalsaak ondersoek het nie.
Hy het tydens sy ondersoek gevind dat die oorplaatjies wat op die gesteelde beeste gevind is, op Hamunyela se naam geregistreer is.
Wat Kanyetu verder verbaas het, was die feit dat Hamunyela in besit van oorplaatjies was wat op die stelsel aktief was, maar in werklikheid nie op enige bees was nie.
“Hamunyela was in besit van oorplaatjies wat reeds op die stelsel aktief was. Dis deur veeartsenydienste uitgereik en geaktiveer, maar nie op beeste geplaas nie.
“Ek het verder na veeartsenydienste op Rundu gegaan om 'n uitdruk van die waarnemingslys te kry en ek het gevind dat dié oorplaatjies op 'n permit aangedui is wat 1 Januarie 2019 uitgereik is. Dit was op 'n openbare vakansiedag en die nommers is eers op 16 Januarie 2020 in die register geskryf.
“Dié datums was 'n groot teenstrydigheid.
“Ek het daarna self die amptenaar wat die oorplaatjienommers op die rekenaar ingevoer het, genader om vir my die bewys te verskaf waarvandaan sy die inligting gekry het. Sy kon nie die bewyse aan my verskaf nie.
“Die twee beamptes by die veeartsenykantoor het versuim om die relevante inligting aan my te verskaf. Dit is 'n aanduiding dat hulle hul posisies op korrupte wyse vir persoonlike gewin gebruik,” het Kanyetu getuig.
– [email protected]
FOTO’s
Foto ter illustrasie van 'n ander onlangse slagtoneel. Foto Argief
Die Kavango-Wes se polisiebevelvoerder, komm. Josephat Abel. Foto Kenya Kambowe

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie