Veediewe laat boere bloei
Veediewe laat boere bloei

Veediewe laat boere bloei

Ronelle Rademeyer
Namibiese boere veg die aanslae op net té veel fronte.

Droogtes knaag aan hul geldreserwes, insetkoste styg meer as wat plaashekpryse vir hul produkte styg, roofdiere vreet jaarliks groot getalle vee op en dan moet hulle snags patrollie ry om die veediefstalle en vleissindikate van hul plase af te hou.

Statistiek van net 20 boere in die Rehoboth-omgewing wys 144 beeste is die afgelope 12 maande gesteel. Dit is 'n verlies van sowat N$1,9 miljoen.

Saam met die 156 stuks kleinvee wat by hulle gesteel is, klim dié syfer tot meer as N$2 miljoen.

Wat boere verder bekommer, is dat veediewe nie meer met strikke en pangas op veetroppe jagmaak nie, maar met jag­gewere.

Die jaggewere is dikwels toegerus met knaldempers en die veediewe beweeg in met jaglampe en bakkies waarop katrolle gemonteer is sodat hulle die karkasse vinnig en maklik kan ophys.

Dit getuig van goeie beplanning en berekendheid.

Hierdie is nie mense wat vleis steel vir oorlewing nie. Dit is sindikate vir wie veediefstal 'n lonende bedryf geword het.

In sommige sake is daar groot lof vir die polisie se op-en-wakker optrede, maar in ander gevalle kla boere dat dossiere wegraak en die howe te maklik borgtog toestaan, selfs al het beskuldigdes soortgelyke sake teen hulle.

Hierdie werklikheid hou 'n ernstige bedreiging in vir voedsel­sekerheid, want dit ontmoedig die jonger generasie om te boer.

Landbouleiers, polisiehoofde en justisie moet besin hoe die sindikate vasgevat kan word.





SO SÊ ANDER

Netwerk24, 1 Augustus 2018

ANC wil by 'ondemokratiese' China leer

Dat ANC-woordvoerders vir die 2019-verkiesing deur die Kommunistiese Party van die Volksrepubliek van China (KPC) in propaganda en strategie geslyp gaan word, sou as lagwekkend afgemaak kon word, as dit nie was vir die ideologiese gevaarligte wat dit laat flikker nie.

Ace Magashule, sekretaris-generaal, verklap “ons” is geïnspireer deur die KPC se dissipline wat die Chinese samelewing deursuur – in politiek; party-organisasie; alledaagse werk en lewe; integriteit; en dissiplinering van die “massa”. Hy bewonder die Chinese revolusie wat op die grondslag van “die wetenskaplike, revolusionêre teorie van Marxisme en Leninisme geskoei is”.

Wat hy verswyg, is dat China 'n eenpartystaat met menseregtevergrype en min mediavryheid is. G'n wonder nie die verbaasde Fikile Mbalula, ANC-verkiesingshoof wonder waarom oor propaganda geleer moet gaan word by die “ondemokratiese” China.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!