Veertien walvisse strand sedert 10 November
Adam Hartman
Veertien walvisstrandings en sterftes het sedert 10 November verlede jaar langs Namibië se kus voorgekom, waarvan 10 gedurende Desember was en een in Januarie.
Dit blyk uit volgens wat Donderdag deur die Namibië Dolfynprojek (NDP) aan Republikein se Erongo-nuusspan aan die kus verskaf is.
Volgens die NDP se veld- opvoedkundige beampte, me. Chelsea Kovalcsik, “is dit beslis 'n toename onder normale omstandighede, maar nie dramaties nie en gevolglik nie 'n rede tot kommerd nie”.
“Ons is nie te bekommerd oor die toename nie, met ander woorde, ons sien nie walvisse in massagetalle strand, of wat in plastiek verstrengel is nie.
“Ons besef egter dis moeilik om soveel walvisse te sien strand. Dis ook baie hartseer,” het sy gesê.
Van die 14 walvisse was 12 boggelrugwalvisse, maar daar was ook 'n loodswalvis en 'n vals moordwalvis, of swart orka. Tien van die boggelrûe is gedurende Desember ontdek, en een in Januarie.
Die meeste van die gevalle waarop NDP gereageer het, was in die omgewing van Swakopmund en Wlotzkasbaken. Verskeie was egter suid van Swakopmund, asook noord van Hentiesbaai. Baie van die walvisse wat uitgespoel het, was ook baie jonk.
'n Bosskilpad is ook gered en sterk aan by die Swakopmund-akwarium voordat dit vrygelaat sal word.
Kovalcsik verduidelik dat hoewel siekte of inwendige besering nie uitgesluit kan word as die oorsaak van die strandings en sterftes nie, was die meeste van die walvisse onervare jongelinge wat onderweg was van Angola na Antarktika of ander voedingsgebiede en toe weens honger gesterf het.
“Hulle is minder in staat om te wedywer vir hulpbronne as ouer walvisse en hulle het nie meer hul ma's wat na hulle kyk nie. Boonop weet hulle dalk net nie waar om kos te soek nie,” het sy gesê.
Omdat Namibië so 'n lang kuslyn het, is die voorkoms van strandings “onafwendbaar”, sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie