Veertig dae en veertig nagte vir woestynsimfonie
’n Man, wat homself STRANGER noem, nooi alle musikante in die wêreld uit om deel van sy projek te wees.
Tanja Bause - Aan die begin van April het ’n onbekende man homself in die Namib-woestyn tuisgemaak. Niemand weet wie die man is wat in ’n glashokkie sit en klavier speel en musiek komponeer nie.
Die man, slegs as STRANGER bekend, sal vir 40 dae in isolasie in die woestyn aan sy “woestynsimfonie” werk - sonder enige menslike kontak.
Sy komposisies, bekend as “fraktale”, word op SoundCloud https://soundcloud.com/hestrangeroffical gelaai om na te luister.
Enigiemand kan die fraktale verniet gebruik en verder verwerk. Musikante is welkom om dit vir hul eie komposisies te gebruik en om dit dan weer op SoundCloud te laai sodat dit gedeel kan word.
Gebruikers moet die hutsteken #Desert-symphony, #Hello-stranger, #Share-music en #Musicfrompeople4people gebruik sodat mense wat met STRANGER saamwerk die musiek weer kan vind.
Musikante moet egter daarop let dat kopiereg en intellektuele eiendom nie betrekking het op dié musiek nie.
Dit behoort aan almal en is verniet vir almal.
Ná afloop van die 40 dae in die Namib-woestyn sal STRANGER “alle musikante van die wêreld” nooi om aan die aanlyn selektering van ’n vrywillige orkes deel te neem.
Dié orkes sal dan vir vier tot ses weke as ’n simfonie-orkes in verskeie vlugtelingkampe optree om die “simfonie van die mensdom” en die sogenoemde “woestynsimfonie” uit te voer.
STRANGER beplan die projek al jare lank.
Me. Linh Trinh is deel van die kreatiewe span wat STRANGER help om dit te verwesenlik.
Die span wat aan die projek werk, bestaan uit skeppende mense vanuit verskeie sektore en bedrywe soos onder meer die grafika-, fotografie-, modeontwerp-, musiek-, skilder- en beeldhoubedryf.
“Die verskillende spanlede bring verskillende perspektiewe na die projek,” het Trinh gesê.
STRANGER en sy span het die Namib-woestyn gekies omdat dit die oudste woestyn in die wêreld is.
“Dit is sowat 80 miljoen jaar oud en 'n mens kan nie aan 'n meer onherbergsame plek dink nie, maar ook nie aan een wat meer boeiend is nie. Eensaamheid kry nuwe betekenis hier,” het sy gesê.
STRANGER sê: “Wie kan sê deur wie ek geïnspireer is? Wie kan die vraag werklik oor hulself beantwoord? Elke vorm van menslike uitdrukking is slegs moontlik deur die ewige vloei van dinge wat bymekaarkom. Elke geestelike impuls gee hieraan geboorte. Wie stem met my saam oor geestelike eiendom? As iemand regte aan jou gee, is dit soos om 'n glas water uit die see te ontvang. Jy hou die glas vas en vergeet dat jy voor die see staan, wat in ewige uitnodiging voor jou lê. Regte maak jou blind vir ware vryheid. Ek stel nie in regte belang nie, net in vryheid.
“Daar is goed op hierdie aarde wat niemand kan koop nie. Is dit nie 'n vreemde wêreld waarin ons is waar dit so 'n waardevolle kommoditeit is om vrylik te gee nie?
“In my drome, waar ek myself in majestueuse landskappe en woestynlandskappe bevind, het die krag wat in ons almal is, deur my gewerk om die wêreld te inspireer,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie