Veertig jaar 'n mylpaal vir Suburbs
Die groot figure in die Khomasdalse klub se geskiedenis is die naweek in herinnering geroep.
Andrew Poolman - Die begindae van die rugbyklub FNB Western Suburbs is die naweek gedenk met 'n spogdinee ter viering van sy veertigste bestaansjaar.
Die klub se huidige voorsitter, mnr. Keith Allies, was die afgelope maande 'n sentrale figuur om op verskeie maniere reg te laat geskied aan die mylpaal in die geskiedenis van die klub.
“Ek voel nederig en trots om soveel mense hier byeen te sien wat oor die jare die saadjies geplant het. Mag ons huidige spelers nooit in 'n eiegeregtige en selfsugtige houding verval sonder waardering vir elkeen wat agter die skerms bydra om die sport vir hulle moontlik te maak nie,” het Allies by die geleentheid gesê.
Die vierde Februarie 1979 staan aangeteken as die stigtingsdatum van Western Suburbs, te danke aan 'n samesmelting tussen vier rugbyklubs van Khomasdal (Villagers, Flying Eagles, Viscounts en Torinos).
Genooide sprekers by die dinee het die adjunkminister van sport, jeug en nasionale diens, me. Agnes Tjongarero, ingesluit. Nog een was Fagmie Solomons, wat die losskakel en kaptein van die destydse SA Rugby-unie se span was wat in 1987 in Windhoek teen die Nanru-span kom speel het.
Die Suid-Afrikaners, met die latere Springbok-afrigter Allister Coetzee as skrumskakel, het in die Khomasdal-stadion met 72-3 gewen teen die Nanru-span onder aanvoering van Corrie Mensah, destyds agtsteman van Western Suburbs en tans die president van die Namibië Rugby-unie (NRU).
Tjongarero het in haar toespraak al die spelers, bestuurslede en ondersteuners gelukgewens wat oor die jare bygedra het om die klub op te bou tot die bastion wat dit vandag is.
Sy het egter gesê die feit dat Western Suburbs in sy beginjare ook sportkodes soos netbal, sokker, krieket, hengel, stoei en sagtebal aangebied het en dat dit vandag nie meer die geval is, is 'n vingerwysing dat meer gedoen kan word.
“'n Klub soos Western Suburbs bring die jeug na die sportveld. Die rugbyklub het oor die jare vele spelers opgelewer wat vir Suidwes-Afrika en Namibië uitgestyg het.
“Dit is 'n goeie ding dat die bydraes van voormalige spelers en administrateurs op hierdie manier erkenning kry.
“Dit is ook belangrik om uit te wys dat dit nie 'n historiese monument is nie, maar 'n lewendige sportklub. Ek wil almal aanmoedig om voort te gaan om in jul klub terug te ploeg en ek wens julle alle voorspoed toe.”
HULDE GEBRING
'n Stewige lys oudspelers en ander bydraers tot Western Suburbs het erkenning gekry, insluitend die eertydse sportskrywers Kariem Martheze (Windhoek Observer), Conrad Angula (The Namibian), Boet Matthews (Republikein), Jonathan Sam (Die Joernaal) en Carlos Kambaekwa (New Era).
Oudspelers en -administrateurs wat vermelding gekry het, sluit in mnr. Alan Dowie as eerste voorsitter van Western Suburbs; Cyril Moller, Pat Esterhuizen, Gerrit Klaassen, Hannes Groenewald, Robert Thompson, Ryan de la Harpe, Joslyn Ontong, Fanie van Wyk, Richard Armstrong, Reggie Diergaardt, Sarel Losper, Theo Hess, Mark Ngata, Jeff Fortuin, Dawid Franke en Cyril Farao.
Spelers en ander belangrike rolspelers wat gedurende die dae voor die politieke eenwording by Nanru betrokke was, sluit in Corrie Mensah, Michael Walters, John Walters (stigterspresident van Nanru), James Camm, Pat Nel, Kosie Stoffels, Migiel Booysen, Michell April, Ralph September, André September, Leonard Hansen, Charlie Muller, wyle Heinrich (Sop) de Waal, Eric Louw, Walter Don, Clive Smith, Abraham Cupido, Jeff Carolus, Johan Diergaardt, Eric Plaatjie, Tol van Wyk, Werner Jeffery en George Saaiman.
Kort voor Western Suburbs se amptelike ontstaan, was daar in 1977 volgens die destydse politieke verdeling 'n rugbywedstryd tussen die wit en swart spanne van Sentraal gereël, met die swart span wat 'n gedenkwaardige oorwinning behaal het (20-18).
Spelers en ander betekenisvolle figure betrokke by laasgenoemde geleentheid was Deon Waggie, Nimrod Williams, Raymond Maasdorp, Theo Hess, Harris Orren, Karl Persendt, Constance Davids, Hendrina Cupido, Herbert Schultz, Theo Sawyers en Melvin Walters.
In die moderne era was FNB Western Suburbs se drie titels in die NRU premierliga (2008, 2012 en 2013) die groot hoogtepunte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie