Veewagters beleef angsnag met leeus

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Sewe veewagtertjies het ’n angsnag met leeus naby Palmwag in die Kunenestreek beleef.

Omstreeks middernag Vrydag het ’n leeuwyfie en haar welpie glo twee honde in ’n skuiling langs ’n tent waar die seuns slaap, ingejaag en gevang.

Volgens mnr. Izak Smit van Desert Lions Human Relations Aid (Delhra) het die voorval by Quitipos, sowat 8,7 km oos van Palmwag Lodge plaasgevind.

Die veewagtertjies pas ’n boervrou, me. Tjovakwao Tjofua, se vee in die omgewing op.

“Hulle het die nag die flap van hul tent in die skuiling van 6 meter by 6 meter oopgelos. Die seuns was erg getraumatiseerd om die hele nag saam met die leeus te bestee en te hoor hoe hulle aan die honde vreet,” het Smit aan Republikein vertel.

Volgens Smit het Delhra klappers aan die boere geskenk om die wilde diere af te skrik en ook skadunet deur die Torra-bewaringsgebied voorsien om die skuiling en kraal deeglik te beveilig.

Hy sê voor die voorval was die leeu en haar welpie die afgelope twee weke in die omgewing om iets te ete in die hande te kry.

“Die boere in die omgewing wil nie graag die leeus doodmaak nie, maar pleit dat die leeus met satellietnekbande toegerus word. ’n Vroeë waarskuwingstelsel om die bewegings van leeus te monitor, is vir die rolspelers nie-onderhandelbaar,” het Smit gesê.

Intussen het die voorsitter van die Torra-bewaringsgebied, mnr. Tommy Adams, Sondag aan Republikein laat weet dat ’n jongerige leeu in ’n swak kondisie by Spaarwater gevrek het.

“Die leeu moes maklike kos (vee) by die huise by Spaarwater kom soek het, maar die droogte het sy tol op die leeu geëis,” het Adams gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!