Vegspan dra Namibië-kleure
Skopboks
Tielman van Lill
Die Namibiese skopboksspan sal vanaf komende Saterdag in Johannesburg in 'n topklas kompetisie van die buurland gewikkel wees.
Die span se nasionale kleure is vandeesweek deur mnre. Stephanus Schoonbee, president van die Namibiese Skopboksvereniging (NSBV) oorhandig.
Die span van ses lede wat op uitnodiging by die Jungle War 8-skouspel in aksie gaan wees, is sensei Lesley Hoaeb, Dawn Spangenberg, Delano Muller, MJ van der Merwe, Mario Snyman en Michael Smit.
Die twaalfjarige Muller is tans Namibië se junior sportman van die jaar en die jongste plaaslike skopbokser wat met 'n swartgordel spog. Muller en sy medevegters sal by die Danie van Zyl-ontspanningsaal alles uithaal om deur te dring om Namibië weer by die Battle of Atlanta te verteenwoordig (15 tot 17 Junie in die VSA).
Die 44ste jaarlikse VSA Ope ISKA wêreldkampioenskap vir die gemengde vegkunste by Disney World in Florida (30 Junie tot 1 Julie) is ook 'n mikpunt vir die span.
Schoonbee het die span gelukgewens en aangespoor om Namibië met trots te verteenwoordig.
“Ons wil 'n sterk en goed voorbereide span na die 2018 wêreldkampioenskap in Suid-Afrika stuur. Die NSBV wil graag skopboks in Namibië bevorder en beplan oefenkampe tydens skoolvakansies waar die sport in ander streke bekend gestel gaan word. Ons wil ook graag klubs in Khorixas, Oshakati en Rundu open,” het die president gesê.
Schoonbee sê sy vereniging wil minstens twee keer per jaar afrigtingsklinieke aanbied en ook graderingsessies hou.
Selfverdedigingsklasse vir vroue en skopboksvertonings by skole is van die verdere planne.
Wanneer die span uit Johannesburg terugkeer, sal hulle met voorbereiding vir die interklubkompetisie begin wat op 15 Maart in Walvisbaai aangebied word. Die volgende toernooi in Suid-Afrika is die Arnold Schwarzenegger Classic wat vir 4 Mei in Johannesburg geskeduleer is. Namibië het verlede jaar by die 2016 Jungle War VII in Pretoria teen Suid-Afrika deelgeneem waar die gasheerland in die spankompetisie geseëvier het. 'n Span is toe gekies wat Namibië by die Battle of Atlanta verteenwoordig het, waar vier eerste, vyf tweede en twee derde plekke behaal is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie