Vegters behoort verder te klim

Boks
Andrew Poolman
Die beroepsboksers Paulus Moses (liggewig), Sakaria Lukas (veergewig) en Walter Kautondokwa (middelgewig) het Saterdagaand in Windhoek met oorwinnings hul gordels as Afrika-kampioene van die Wêreldboksorganisasie (WBO) behou.

Vir Namibiërs was die enigste verlies vir die aand toe die kapokgewig Immanuel (Prince) Naidjala 'n eenparige nederlaag met punte teen die Suid-Afrikaner op die lyf geloop het. Dit kos hom sy status as WBO interkontinentale kampioen.

Kautondokwa het sy string van agtereenvolgende uitklopoorwinnings tot 13 opgestoot, maar dié keer het dit eers in die tiende ronde gebeur toe hy Med Sebyala van Uganda tot oorgawe gedwing het.

Die Namibiese middelgewig het vir die eerste keer in sy loopbaan ook enige straf verduur om van te praat toe hy 'n sny aan sy oogbank opgedoen het.

“Die Ugandees het 'n ongemaklike styl en het sy bolyf baie goed uit die pad beweeg. Ek het dus maar besluit dat as my lyfhoue tref, moet ek hom seermaak totdat hy nie meer verder kan nie,” het Kautondokwa agterna gesê.

Met hul nuutste oorwinnings sal die Namibiese beroepsvegters hul plekke op die ranglyste van beheerliggame soos die WBO verder verbeter en hulself nader bring aan die wêreldtitelgevegte wat elkeen se grootste ideaal is.

Jeremiah Nakathila hou wel nie tans 'n titel nie, maar sy enigste ­nederlaag sover was in 'n wêreldtitelgeveg laas November teen Rusland se Evgeny Chuprakof in Moskou.

Die superliggewig was dus gans te sterk vir sy landgenoot Varde Ndayambekwa en het hom in die eerste ronde uitgeslaan.

Hul ontmoeting was 'n laat verandering op die program – 'n gevolg van Benoit Makangali Vela van Kongo se uitskakeling voor die hoofgeveg ná 'n mediese toets.

• Namibië se enigste huidige wêreldtitelhouer van die IBF en IBO, Julius Indongo (Blue Machine), klim op 15 April in Glasgow teen Skotland se Ricky Burns deur die kryttoue.

Die ontmoeting met Burns (houer van die WBA-gordel) sal die titels verenig en word gevolglik as een van die grootste gevegte van die jaar bestempel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!