Vegters glo binnekort vergoed
Boks
Nadat Kinda Nangolo, promotor en eienaar van Kinda Promotions, gister kaalvuis onder die bestuur van die Namibiese Professionele Boks- en Stoeibeheerraad ingeklim het, moes laasgenoemde liggaam bontstaan.
Volgens Nangolo het die Boksbeheerraad nie sy boksers vir die afgelope naweek se gevegte betaal nie. Nangolo het reeds in 2016 sy finansiële pligte teenoor die Boksraad nagekom om die toernooi aan te bied, maar dié geld is na bewering reeds deur die Boksraad op ander uitgawes gespandeer.
Philip Mwandingi, raadslid van die Boksbeheerraad, het gister aan Nampa bevestig dat die raad vir sy maandelikse toelaag van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens wag om die boksers te kan betaal.
Van die onbetaalde vegters is Michael Kambungu, Vlade Ndayambekwa en Dominikus Weyulu wat nie vir hul vertonings Saterdagaand by die Windhoek Buiteklub vergoed is nie.
Volgens Mwandingi het die Boksbeheerrad die afgelope tyd geen toelaag van die staat ontvang nie en is dus nie vir die chaos verantwoordelik nie.
“Ons wag vir 'n tjek van N$250 000 wat van die Namibiese Sportkommissie moet kom. Sodra ons die geld het, sal ons die geld aan Kinda gee sodat hy sy boksers kan betaal,” het Mwandingi belowe en bygevoeg dat hy nie weet wanneer om die geld te verwag nie.
Nangolo sê die Boksbeheerraad was veronderstel om onmiddellik ná die afhandeling van die laaste geveg die boksers te betaal, maar dit het nie gebeur nie en só is verneem dat die geld vir ander uitgawes aangewend is.
“Ten spyte dat ek die vereiste N$101 500 aan hulle oorbetaal het, sal julle onthou dat die Boksbeheerraad by meer as een geleentheid in gebreke gebly het om my gevegte goed te keur,” het Nangolo gesê.
Volgens Mwandingi het die Boksbeheerraad Nangolo se geld gebruik om vir huur, debietorders en ander administratiewe uitgawes te betaal en is die probleem dat die beheerraad die afgelope twee maande geen staatstoelaag ontvang het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie