Veilige huise
OU KIEWIET SKRYF:
Weens die afgelope tyd se huisinbrake, veral snags, met inwoners wat dan in die bed verras word, wil ek 'n paar wenke aan die hand doen aangesien ek dit vir baie jare in die Wes-Kaap geïnstalleer het.
Bring 'n stewige veiligheidshek in die gang wat na die slaapkamers lei aan en sluit dit as jy gaan slaap, om sodoende jou gesin te beveilig.
Om die ruite van aluminiumraamvensters uit te haal, is geen kuns nie. Installeer diefwering wat die volle vensteroppervlak dek aan die binnekant van die venster en dit moet in die muur geanker word.
Ek weet waarvan ek praat. Sterkte aan almal wat al die onaangename ondervinding beleef het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie