Veiliger paaie in feestyd geen rede vir slap lê
Padveiligheidsbeamptes sal die week opnuut die dra van veiligheidsgordels, die padwaardigheid van voertuie en nugter padgebruik benadruk.
Augetto Graig
Die feesseisoen is amper verby, maar Namibië se padveiligheidspan meen die nasionale poging om lewensverliese op paaie te voorkom, moet versterk.
Me. Mona-Liza Garises, woordvoerder van die Namibiese Motorvoertuigongelukfonds (MVA), het namens die MVA, Nampol, die ministerie van werke, die Paaie-owerheid (RA), die Padfondsadministrasie (RFA), die Privaatsektor Padveiligheidsforum (PSRSF), die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) en Windhoek se stadspolisie, maatreëls vir die huidige veldtog aangekondig.
Vanaf 22 November verlede jaar tot 2 Januarie hierdie jaar was Namibië se paaie effens veiliger. Een minder sterfte is aangeteken, wat die afgelope feesseisoen se getal tot op 94 bring. Hierdie jaar is 894 beserings aangemeld, in vergelyking met 1 062 in die 2015-'16-feesseisoen.
Gedurende die afgelope feesseisoen is 480 ongelukke aangemeld - amper 10% minder as die 530 aan die begin van 2016.
Die afname kan gedeeltelik toegeskryf word aan die gesamentlike poging van polisie- en verkeersbeamptes wat ongeveer 103 199 karre in landswye padblokkades gemonitor het.
Sowat 21 542 toetse om voertuigbestuurders se geskiktheid te bepaal, is gedoen.
Owerhede het ook 13 065 padwaardigheidstoetse gedoen.
Volgens Nampol se genl.maj. James Tjivikua is 229 mense in hegtenis geneem. Hy sê tot dusver is 7 669 dagvaardings ten bedrae van meer as N$8,3 miljoen uitgereik. Die meerderheid van dié boetes is vir spoed, bestuur sonder 'n lisensie, sitplekgordels wat nie vasgemaak is nie, ongelisensieerde en oorlaaide voertuie. Boetes is ook vir roekelose bestuur, selfoongebruik en onpadwaardige voertuie uitgeskryf.
Tjivikua sê: “'n Merkwaardige afname in ongelukke en beserings is sigbaar, maar lewensverliese is net 1% minder. Die hoofoorsake van ongelukke is roekelose en nalatige bestuur, onbedagsaamheid, dronkbestuur en uitputting.” Hy waarsku dat alle gebruikers van nasionale paaie versigtig moet wees, veral in reënweer, en by die spoedgrens moet hou.
Veral die B1- en B2-roetes sal deur polisiebeamptes geteiken word. Die vervoer van mense agter op bakkies sal ook gemonitor word. Volgens regulasie mag nie meer as ses mense agter op 'n bakkie vervoer word nie. Langafstand openbare vervoer-bestuurders sal ook 'n lys van hul passasiers moet verskaf.
Op Woensdag 11 Januarie sal 'n veldtog wat daarop fokus dat kinders veilig by die skool kom, afskop. Hiermee sal padveiligheidsbeamptes by sekere primêre skole in die Khomasstreek ontplooi word. Hulle sal seker maak voertuie wat kinders vervoer, word nie oorlaai nie.
Inhegtenisneming weens dronkbestuur:
//Karasstreek=30
Erongostreek=26
Kavango-Oosstreek=21
Khomasstreek =14
Oshanastreek=12
Hardapstreek=9
Omusatistreek=8
Kavango-Wesstreek=6
Ohangwenastreek=5
Omahekestreek=1
Totaal=132
Veiligheidsoperasies:
Voertuie gestop=103 199
Dronkbestuurtoetse=21 542
Padwaardigheidstoetse=13 065
Getal inhegtenisnemings=229

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie