Veiligheid by werksplekke
Hulde gebring aan wyle me. Sarah Mwilima by ‘n gedenkdiens die afgelope Vrydag getuig van ‘n uiters bekwame, patriotiese en meelewende Namibiër wat te vroeg van haar familie, land en roeping weggeruk is.
Mwilima, plaaslike direkteur vir die Globale Fonds, is op 28 Januarie by haar werkplek doodgeskiet, volgens beskikbare inligting deur ‘n gegriefde kollega.
Sulke voorvalle is skaars in Namibië, maar ‘n mens wonder tog of die noodlot onnodig getart moet word.
Daar was beslis tye – ook ná 1990 – toe strenger sekuriteit by ministeriële kantore toegepas is. Nie dat enigiemand in ‘n veiligheidstaat wil woon nie. Hierbenewens kos sekuriteit geld.
Om hierdie en ander geweldsmisdade sonder meer aan die beweerde maklike beskikbaarheid van vuurwapens te koppel, is nie so eenvoudig nie. Talle faktore speel ‘n rol. Data dat gemiddeld tussen tien en 19 nuwe vuurwapenlisensies daagliks uitgereik word, lyk nietemin kommerwekkend.
Ná ‘n hernude amnestie vir onwettige vuurwapeneienaars in 2016 en 2017 is die bal in wetgewers se baan of hulle reëls en regulasies strenger wil maak en in lyn met die beste internasionale praktyke wil bring.
Daar is talle lande in die wêreld waar burgerlikes meer wapens besit as die berekende internasionale gemiddeld van tot twee vuurwapens vir elke tien persone in Namibië. Die skatting sluit ongeregistreerde wapens in.
Deur demokratiese prosesse moet Namibiërs besin of ons tevrede is met die toedrag van sake.
So sê ander
4 Februarie 2019
Beeld sê
Kort ná die nuus dat die Universiteit van Pretoria 2019 gaan gebruik as die jaar waarin Afrikaans finaal as onderrigtaal uitgefaseer word, volg ’n troosprys.
Dit bly saam met Engels en Pedi een van die seremoniële tale wat by amptelike geleenthede gebruik gaan word.
Tito Mboweni, minister van finansies, was reg met sy twiet: Tuks gaan inderdaad oor etlike dekades spyt wees hieroor. Duidelik snap Mboweni die vernietigende gevolge daarvan dat Afrikaans, as een van die land se voorste akademiese tale, ’n bate is wat die soort talent ontsluit wat nodig is om toekomstige ontwikkelingsprobleme die hoof te bied.
Oor die troosprysaanbod aan Afrikaans en sy sprekers: Nee dankie. Afrikaanssprekendes word erg daardeur beledig.
Donateurs, ouers en studente sal Tuks nie meer as ’n byna outomatiese eerste keuse vir hul beleggings kan beskou nie.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie