Veiligheid groot kwessie by Kenyatta se inhuldiging
Kenia se pres. Uhuru Kenyatta is gister vir sy tweede ampstermyn van vyf jaar in Nairobi ingesweer.
Keniaanse polisie het traangas geskiet en met sowel die ondersteuners van pres. Uhuru Kenyatta en die opposisie gebots voor die inswering van pres. Uhuru Kenyatta gister. Dit volg ná twee omstrede verkiesings die nasie diep verdeel het.
Die polisie het probeer verhinder dat opposisieondersteuners 'n gebedsbyeenkoms in die hoofstad, Nairobi, hou, ter ere van die slagoffers van verkiesingsgeweld wat in skermutselings met veiligheidsmagte dood is. Meer as 70 mense is in politieke geweld in die verkiesingstydperk doodgemaak.
Kenyatta se ondersteuners het met die polisie slaags geraak omdat hulle probeer het om hul weg oop te dwing om die stadion waar die inswering plaasgevind het, binne te gaan.
Soos veiligheidsmagte die strate van Nairobi ter voorbereiding van pres. Kenyatta se inhuldiging patrolleer, het opposisieleiers hul ondersteuners aangemoedig om 'n afsonderlike saamtrek by te woon.
Kenyatta is op 26 Oktober vir 'n tweede vyfjaartermyn as president aangewys nadat Raila Odinga, opposisieleier, die tweede ronde van die presidensiële verkiesing geboikot het, omdat hy gemeen het dié verkiesing sou nie regverdig en onafhanklik wees nie.
Die hooggeregshof het die eerste presidensiële verkiesing in Augustus weens ongerymdhede nietig verklaar.
Ondersteuners van Kenyatta, wat 98% van die stemme ná Odinga se boikot gewen het, moedig die opposisie aan om in samesprekings betrokke te raak en aan te beweeg.
“Ons verantwoordelikheid ná die politieke kompetisie is om saam te staan en 'n nasie te bou,” het Kenyatta Sondag by 'n kerkdiens gesê.
Odinga se ondersteuners sê hulle sal nie die regerende party vergewe nie en beskuldig die regerende party van korrupsie en dat groot dele van die bevolking afgeskeep word.
“'n Terugkeer na die politieke agterlikheid van ons verlede is meer as onaanvaarbaar. Dit is ondraaglik. Dié verdeeldheid kan nie deur dialoog en kompromie oorbrug word nie,” lui 'n verklaring van Odinga se National Super Alliance.
– Nampa/AFP/Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie