u00adVeiligheidsmagte neem IS-lid in u00adhegtenis
u00adVeiligheidsmagte neem IS-lid in u00adhegtenis

­Veiligheidsmagte neem IS-lid in ­hegtenis

Libië
NAMPA
Libiese veiligheidsmagte het Sondag 'n lid van die Islamitiese Staat (IS) in ­Sirte in hegtenis geneem.

Dié lid het erken hy het ander ­IS-lede gehelp om na die suide van die land te vlug.

“Sirte se beskermingsmag, in samewerking met ander veiligheidsagent­skappe, het 'n Egiptiese burger in die Buhari-gebied in hegtenis geneem. Ná ondervraging het hy erken hy het Egiptiese lede van IS gehelp om te vlug,” het die eenheid op sy Facebook-blad gesê, sonder om verdere besonderhede te verstrek.

Verlede week het veiligheidsmagte in Tripoli twee IS-lede aangekeer wat terroriste-aanvalle in die stad beplan het.– Nampa/Xinhua

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer