Veilings ly onder dalende veegetalle
Veilings ly onder dalende veegetalle

Veilings ly onder dalende veegetalle

Die bemarking van vee het aansienlik afgeneem; weens die droogtes asook die Covid-19-inperkings.
Ronelle Rademeyer
Ellanie Smit – Hoewel Agra se omset in die 2019-’20 finansiële jaar gestyg het, het sy afdeling vir veilings deurgeloop omdat minder vee bemark is.

Die totale omset vir die Agra-groep het met 3,1% verbeter, wat neerkom op sowat N$1,787 miljard vir 2019-’20, vergeleke met die vorige finansiële jaar se N$1,734 miljard.

Volgens Agra se geïntegreerde finansiële jaarverslag is daar ‘n kleiner aantal vee vanjaar bemark omdat produsente tans hul kuddes herbou en die uitvoere van speenkalwers ook aansienlik afgeneem het as dit met verlede jaar vergelyk word.

Die getal vee wat bemark is, het van 165 055 in 2019 teen ‘n gemiddelde prys van N$5 713 per kop, na 120 548 in 2020 teen ‘n gemiddelde prys van N$6 502 gedaal.

SPEENKALF-UITVOERE

“Die uitvoere van speenkalwers bly ‘n belangrike bron van inkomste vir produsente. Teen die tweede helfte van die boekjaar het speenkalfpryse aansienlik verhoog. Dit is grootliks toe te skryf daaraan dat ‘n beperkte getal vee bemark is," lei die jaarverslag.

Die bruto omset uit skaapverkope het van N$140,3 miljoen in 2019 na N$118,8 miljoen in 2020 gedaal. Daar is ook aansienlik minder skape bemark en getalle het van 148 103 in 2019, tot 113 917 in 2020 gedaal - met die heersende droogte in die Suide as die hoofoorsaak.

Die gemiddelde prys het egter met sowat N$96 per kop toegeneem, wat die negatiewe uitwerking van die laer volumes versag het.

LEWENDE UITVOERE

Volgens die verslag was daar ‘n marginale verhoging in lewende uitvoere, terwyl verslagting by plaaslike abattoirs aanhou verminder het – hoofsaaklik weens die feit dat die Brukarros Meat Processors- en Farmers Meat Market-abattoirs hul deure gesluit het.

Die bruto omset vir bokke het van N$43,9 miljoen in 2019 na N$40,4 miljoen in 2020 gedaal, met ‘n geringe verbetering in pryse van N$122 per kop.

“Die Covid-19-regulasies het die bokmark negatief geraak, wat daartoe gelei het dat kleiner hoeveelhede na Suid-Afrika uitgevoer is.”

SWAKARA-PELSE

Intussen het die Swakarabedryf altesaam 51 793 pelse by die twee internasionale pelsvelings in September 2019 en April 2020 aangebied. Dit verteenwoordig ‘n vermindering van 8,07% vergeleke die 56 337 pelse wat tydens die vorige boekjaar gelewer is.

Pryse per pels het ook verminder van ‘n gemiddeld van N$456,63, tot N$378,02 in 2019/2020. Dit verteenwoordig ‘n verlaging van sowat 17,21%.

Die laer pryse tydens September 2019 se veiling kan toegeskryf word aan ‘n sukkelende klimaat in Swakara-verbruikersmarkte. Lande soos Rusland, Griekeland en ander Europese lande is geraak, terwyl die handelsoorlog tussen Amerika en China ook sy merk op die bedryf gelaat het.

Die omset vir die pelse wat verkoop is, het N$8,7 miljoen belope vergeleke met die N$25,7 miljoen vir 2018-’19.

Die Swakara-pelssentrum het ‘n netto bedryfsverlies, vóór uitgawes van die hoofkantoor, van N$686 000 aangeteken. 'Die netto verlies in die vorige boekjaar het N$137 000 beloop.

WINSTE

Volgens die jaarverslag het Agra steeds ‘n wins voor belasting aangeteken, wat van sowat N$36 miljoen in die 2018 – ’19 boekjaar na N$42,8 miljoen in 2019-’20 verhoog het.

Intussen was sy totale, gesamentlike inkomste N$24,4 miljoen in 2018- ‘19, wat met 18,4% verhoog het tot N$28,9 miljoen in die 2019-’20 boekjaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!