Veldbrande se skrikbewind
Oor die afgelope twee weke het brande in die omgewings van Outjo, Otjiwarongo, Steinhausen, Windhoek, Otjiwarongo, Okahandja, Tsumeb en Tsintsabis voorgekom, asook in die Zambezistreek.
Elvira Hattingh – Tydens die afgelope twee weke het 135 stuks lewende hawe en 75 wilde diere in veldbrande omgekom. Terselfdertyd is 143 000 hektaar op 59 plase deur 27 veldbrande verwoes.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het Maandag in 'n mediaverklaring gesê brande bly 'n ernstige uitdaging in Namibië.
Die verklaring volg nadat 'n brand in die Steinhausen-omgewing vir sowat vier dae lank gewoed het.
Nog 'n veldbrand het gister by Döbra uitgebreek.
“Oor die afgelope twee weke het brande in die omgewings van Outjo, Otjiwarongo, Steinhausen, Windhoek, Otjiwarongo, Okahandja, Tsumeb en Tsintsabis voorgekom, asook in die Zambezistreek.
“Daar word geglo die meeste brande is deur brandstigters of kolebranders veroorsaak,” het die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, gesê.
Volgens hom is die ministerie besig met 'n uitgebreide opname om vas te stel wat die skade van die brande is.
“Die ministerie gaan voort om veldbrande landswyd te monitor.”
Die brande se oorsake wissel van houtskoolprodusente, meganiese toestelle soos padskrapers asook aktiwiteite soos pieknieks, rokers en ander hulpbronbestuur-verwante aktiwiteite soos jag, heuningproduksie en die oes van dekgras, sê hy.
Hy het 'n beroep op mense gedoen om verantwoordelik op te tree en teenmaatreëls in plek te stel om brande te voorkom, wat insluit om gebiede rondom hul huise skoon van bosse en gras te hou, om seker te maak hulle maak vuur op geskikte plekke en dat grondeienaars brandpaaie maak.
2,5 MILJOEN HEKTAAR
Minister Pohamba Shifeta het verlede week Woensdag in die parlement gesê na raming het sowat 2,5 miljoen hektaar se weiding op 604 plase en beskermde gebiede sedert Mei vanjaar afgebrand.
“Dit het tot lewensverliese onder mens en dier gelei. Ons skat dat sowat 635 diere reeds in die veldbrande omgekom het,” het hy toe gesê.
Gebiede wat vanjaar erg onder veldbrande deurgeloop het, sluit in die Hardap-gebied rondom Rehoboth, die Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek, Dordabis, Groot Aub en Oamites.
Sowat 93% van die Daan Viljoen Nasionale Park het ook afgebrand.
In die Kunenestreek het dit by Kamanjab, Khorixas, asook in 'n klein gedeelte van die Etosha Nasionale Park gebrand, asook op plase suid en oos van die park.
Die brande het selfs na die Otjozondjupastreek versprei.
In die Ohangwenastreek het brande vanaf die grens van die Kavango-Wesstreek na die oostelike deel van die Okongo-kwarantyngebied versprei en weidingkampe verwoes.
Nedersettings soos Ekofya, Emanya, Ka Weyulu en Onaimbungu het ook gebrand. In die Omusatistreek het na raming 46 944 hektaar afgebrand, gevolg deur die Oshanastreek, waar sowat 60 000 hektaar afgebrand het. In die Zambezistreek het brande ook wydverspreid voorgekom.
VUURBESTUUR
“Die benadering tot woud- en vuurbestuur wat in die Etosha Nasionale Park toegepas word, word as 'n sukses beskou. Vanjaar het na raming 487 732 hektaar (22% van die park) afgebrand, wat 'n verbetering is op 2009, toe dit 60% was.
“Die aanvaarde hoeveelheid hektaar wat jaarliks moet afbrand, is sowat 20% tot 30% van die park,” het hy gesê. Volgens die minister sê sedert die mosaïek-patroon met die bestuur van brande in die park gebruik word, het geen wilde diere in die brande gevrek nie.
Die minister sê die gereeldheid, intensiteit en uitgebreidheid van veldbrande het in die afgelope jaar verhoog as gevolg van die goeie reën wat tydens die afgelope seisoen ontvang is, wat die groei van meer plantmateriaal meegebring het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie