Veldbrande verwoes 35 000 hektaar by Outjo
Boere in die omgewing lê die skuld vir die brande voor die deur van kolebrandery-bedrywighede in die gebied.
Jana-Mari Smith
Verwoestende veldbrande wat glo weens kolebrandery ontstaan het, het ongeveer 35 000 hektaar grasveld op sewe plase suid van Outjo verwoes.
Die eerste brand op 22 Mei het 10 000 hektaar vernietig, terwyl die tweede brand die afgelope Dinsdag nóg 25 000 hektaar in puin gelê het.
Intussen het 'n ander brand die afgelope naweek, wat ook na bewering deur kolebrandery veroorsaak is, 7 500 hektaar in vlamme verswelg op twee plase naby Otjiwarongo.
Mnr. Gabriel Katjiveva se hele plaas, een van die groep van sewe plase wat deur die brand geraak is, het Dinsdag afgebrand.
“Die gras is weg. Dit is weer soos 'n onmiddellike droogte,” het hy gister gesê.
Katjiveva het gesê hy het, soos die meeste Namibiese boere, tussen 2013 en 2019 onder 'n fel droogte deurgeloop en die afgelope twee jaar kon sy weiding herstel.
Binne 'n kwessie van 'n dag is al die grasveld deur die vlamme verswelg.
Hy het verduidelik hoewel sy vee nie seergekry het nie, is dit onduidelik waar hy om hulp kan aanklop vir weiding en vergoeding vir die verliese wat hy gely het.
Boere in die omgewing lê die skuld vir die brande voor die deur van kolebrandery-bedrywighede in die gebied, met frustrasies wat groei weens beperkte opsies vir vergoeding en aanspreeklikheid.
“Voor dié bedryf, het ons selde sulke verwoestende brande ervaar,” het mnr. Reinhard Wagner, 'n boer wat die brande help bestry het, vandeesweek gesê.
Volgens hom is die risiko vir brande nou só hoog dat al die plase toegewyde brandbestrydingspanne nodig het.
Anders as “goeie brande”, vernietig hierdie brande nie net wild, vee en noodsaaklike weivelde nie, maar stroop die grond ook in só 'n mate dat dit erosie bevorder, het Wagner gesê.
“Die skade aan die omgewing is groot, insluitend die diere wat brandskade ly.”
Afgesien van die lewensgevaarlike aard van die brande, vir mense én diere, vreet die brande hulpbronne op, waaronder tyd, brandstof en ure wat hulle swoeg om die vlamme te bestry, aangesien die daaglikse boerderyverpligtinge noodgedwonge agterweë gelaat word.
STRENG MAATREëLS
Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) het vroeër vanjaar streng nuwe regulasies aangekondig, soos voorgeskryf deur die direktoraat bosbou, wat direk die vlaag van brande takel wat deur kolebrandery veroorsaak word.
Die dokument het benadruk dat brande weiding en infrastruktuur vernietig, wat tot miljoendollar-verliese vir boere kan lei.
“Om dié rede is dit noodsaaklik om betyds strenger regulasies vir die houtskoolbedryf te stel,” het die NCA gesê.
As houtskoolprodusente nie hieraan gehoor gee nie, kan hulle die nodige permitte verloor om te kan kole brand.
“Dit is van uiterste belang om toesig te hou oor die houtskooloonde, en geen oond waarin daar 'n aktiewe vuur brand, kan sonder toesig gelaat nie,” het die NCA beslis.
Nog 'n boer, mnr. Burgert Liebenberg, het gesê ten spyte van die maatreëls wat houtskoolproduksie reguleer, dien dié brande as bewys dat die riglyne nie toegepas word nie.
Hy het bygevoeg die houtskoolbedryf het eksponensieel gegroei, het werk geskep en die indringerbosprobleem getakel.
Dié welkome vordering word egter oorskadu deur die brande wat deur kolebrandery veroorsaak word.
“Die meeste brande hier word deur houtskool veroorsaak. Dit is nie dat die bedryf gesluit moet word nie, maar hulle moet toesien dat daar standaarde is en dat regulasies afgedwing word. Die veld brand, en niks gebeur nie.”
Mnr. Charlie Bodenstein, 'n boer wie se plaas in Meimaand ernstige brandskade gely het, sê die houtskoolbedryf moet hulle sake in orde kry.
“Die houtskoolbedryf het gegroei en moet verantwoordelikheid aanvaar. Dit kan nie so aangaan nie.”
Hy glo daar is nie genoeg maatreëls vir dié bedryf in plek om wydverspreide veldbrande te voorkom nie.
Hy het bygevoeg dat boere op wie se grond houtskool geproduseer word, ook verantwoordelik moet optree.
Vanaf 1 Mei vanjaar is dit verpligtend vir houtskoolprodusente om hout-skooloonde in groepe saam te brand en 'n gebied van minstens 15 meter rondom 'n groep oonde skoon te maak.
Brandbestrydingstoerusting moet by die brandstasies gehou word en kolebranders moet basiese brandbestrydingsopleiding ontvang.
Indien sterk winde in die gebied aangemeld word, mag geen kole gebrand word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie