Veldtog bereik 2 000 mense in 13 dae
Veldtog bereik 2 000 mense in 13 dae

Veldtog bereik 2 000 mense in 13 dae

’n Student van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het ’n digitale plakkaat ontwerp om die bewusmaking van die Covid-19-pandemie te bevorder.
Tanja Bause
Tanja Bause – Dertien dae nadat ‘n student van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) ‘n digitale plakkaat ontwerp het om bewusmaking oor die Covid-19-virus te skep, is meer as 2 000 plakkate ontwerp en elektronies aan 35 lande gestuur.

Mnr. Wilfred Kongolo (23) het op 9 April sy plakkaat op die Facebook-blad Wilhit bekend gestel en mense aangemoedig om by die Covid-19-bewusmakingsveldtog betrokke te raak.

“’n Dag nadat ek die inligting oor die bewusmakingsveldtog op Facebook bekend gestel het, het dr. Yrika Maritz, die hoof van proefnemings van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP), my gekontak en gesê sy hou van die veldtog en het dit vir haar kollegas aangestuur. Mense van verskeie UNDP-kantore in lande soos Kenia en Ethiopië het by die veldtog aangesluit en 300 mense wou plakkate hê.”

Volgens hom het die veldtog vinnig gegroei en moes hy die hulp van ‘n paar vriende inroep om hand by te sit.

“Binne drie dae was ons plakkate in tien lande en het ons oor die 500 ontwerp. Nog drie dae later was dit in 24 lande met meer as 1 000 plakkate. Tans is ons in 35 lande en ons bly groei.”

Volgens Kongolo is daar nege mense wat agter die skerms werk om die plakkate te ontwerp.

“Hulle is almal studente en almal is vrywilligers. Niemand kry enige vorm van betaling nie.”

Op elke plakkaat staan die naam en nasionaliteit van die persoon wat die veldtog ondersteun. Op die plakkaat is ook ‘n foto en die landsvlag van die persoon op, sowel as een van tien moontlike aanmoedigings soos onder andere “was jou hande, bly tuis wees veilig, moet nie jou gesig aanraak nie, vertrou dat dinge goed sal uitwerk, voorkoming is beter as genesing, beoefen sosiale distansiëring en ons staan saam”.

Verskeie mense, besighede en organisasies wou by die veldtog betrokke raak, so ook die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie.

“Ek het vir hulle gesê ons wil geen geld hê nie, maar hulle het steeds vir ons 200 bottels water gegee. Ons het besluit om die water aan die inwoners van die Eros Manor-aftreeoord en Katutura-ouetehuis te skenk.”

Mense wat by die veldtog betrokke wil raak kan ‘n foto van hulself en hulle naam na 081 213 5826 stuur. Hulle kan ook op die Facebook-blad Wilhit gaan inloer om te sien hoe die digitale plakkate lyk en wie deel van die veldtog is. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!