Veldtog vir meisies skop af
Veldtog vir meisies skop af

Veldtog vir meisies skop af

Tanja Bause
Verlede jaar het die Universiteit van Namibië (Unam) se Maltas-klub meer as 10 000 sanitêre doekies aan meisies in die Omusati-, Oshana- en Oshikotostreek uitgedeel. Meer as 500 meisies het by die Pimp-a-pad-veldtog gebaat. Mnr. Ulrich Hanstein is ’n strategiese vennoot van die Maltas-klub en hy het vanjaar se veldtog met ’n skenking van sanitêre doekies afgeskop. “Ek glo in die Maltas-klub en ek glo dit is belangrik om meisies in landelike gebiede op skool te hou. Dit is hoekom ek besluit het om sanitêre doekies te skenk en die veldtog vir die jaar af te skop,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer