Veldtog vir voorbehoeding skop af

Tunohole Mungoba
Tunohole Mungoba op Ongwediva – Die staatshospitaal op Onandjokwe se departement van huisartskunde, gelei deur dr. Esperance Luvindao, het die groen lig ontvang om intra-uteriene toestelle (IUD's) gratis aan jong meisies en vroue in die Oshikotostreek te voorsien.

Die veldtog begin vandag op Onandjokwe en sal teen 4 Junie by die klinieke in Onyanya, Onayena en Okankolo beskikbaar wees. Die diens word elke Vrydag verskaf word.



SEKSUELE OPVOEDING

“Min vroue en meisies gebruik voorbehoedmiddels in ons gemeenskap, en dit is nie net hier in die Oshikotostreek nie, maar ook ander dele van Namibië,” het Luvindao gesê.

Volgens Luvindao is die doel van die veldtog nie net om IUD's aan vroue en meisies te voorsien nie, maar om seksuele opvoeding te bied en meisies en vroue oor verskillende voorbehoedmiddels in te lig.

“Daar is baie gevalle van vroue wat in die hospitaal instap en gewoonlik net kondome vra. Sommiges vra ook oor die inspuiting,” het sy gesê.

IUD's MET KOPER

Die spesialis en ginekoloog, dr. Pala Pala, het in April opleiding aan die departement gegee, en op grond van dié opleiding het die departement besluit om IUD's met koper in plaas van die hormonale alternatiewe aan te koop.

“Dit is omdat die IUD's met koper geen hormonale newe-effekte soos gewigstoename en aknee veroorsaak nie,” het sy gesê.

Die veldtog is daarop gemik om teen 2022 'n afname van 50% in tienerswangerskap in die streek te bereik.

“Indien hierdie veldtog 'n sukses is, beplan ons om dit in ander dele van die streek uit te rol, want ons is bewus van die behoefte aan seksuele opvoeding,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!