Vele hande, ligte werk

Tanja Bause
Tanja Bause - Nie net was dit Saterdag Wêreldskoonmaakdag nie, maar Namibiërs het ook landswyd moue opgerol en aan ’n grootskaalse skoonmaakveldtog deelgeneem.

Skoonmaakdag is vir die eerste keer in 2008 in Estland gehou en is nou ’n jaarlikse instelling.

Laas jaar het ’n geskatte 17 miljoen mense uit 158 lande aan die veldtog deelgeneem.

Namibië se eie nasionale skoonmaakveldtog is verlede jaar deur pres. Hage Geingob van stapel gestuur.

Vanjaar se veldtog is deur die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) onder die tema “Namibië, gesond en skoon” aangebied.

Skole, munisipaliteite en besighede het landswyd bymekaargekom om op te ruim.

Me. Laura McLeod-Katjirua, goewerneur van die Khomasstreek, het in die Katutura- sentrale kiesafdeling ook aan die veldtog deelgeneem.

Sy het straatverkopers toegespreek en hulle aangemoedig om hul onmiddellike omgewing skoon te hou.

“Jy word betaal om die rommel op te tel, so tel op,” het ’n verkoper haar toegesnou, terwyl ander mense ingespring het en begin skoonmaak het.

“Ons moet ook skoonmaak. Wanneer ek en my broers in die veld gaan speel, is dit nie veilig met al die rommel wat rondlê nie. Rommel beteken ook kieme, so ons moet Namibië skoonmaak en skoonhou,” het Ngungaa Tjiroze gesê.

Pionierspark se buurtwag en hul lede het dié woonbuurt skoongemaak.

Volgens me. Sonia Stassen, ’n inwoner, is mense toenemend onverantwoordelik oor rommel.

“As elke huisgesin in die land uitgaan en net een swart sak vol rommel optel, gaan dit ’n baie groot verskil maak,” het sy gesê.

Die adjunkminister van die ministerie van die omgewing en toerisme, me. Bernadette Jagger, het gesê plaaslike owerhede in ander lande hou skoonmaak-aksies op elke laaste Saterdag van die maand.

“Ek dink dis ’n goeie idee en ons kan gerus hul voorbeeld volg. Ek doen ’n beroep op alle Namibiërs om innoverend te wees en gereeld aan skoonmaakaktiwiteite deel te neem,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!