Vele hoogtepunte by The Dome Classic

Inspirasie
Andrew Poolman
Vikki de Jager en

Gunnar Keil



The Dome op Swakopmund se eerste aanbieding van die Dome Classic was ''n puik geleentheid met die bevordering van ''n sportiewe, fikse leefstyl as die sentrale tema.

Die vernaamste item was die eerste groot liggaamsboukompetisie wat by die kus aangebied is, met die hoofborg Muscle Shop ook prominent in die organisering.

Die liggaamsboukompetisie het ''n groot skare gelok wat die deelnemers entoesiasties aangemoedig het. Die beoordelaars was die Suid-Afrikaanse uitblinkers in die sport, Marius en Annelize Döhne, Dylan Ridley, Michelle Israel asook Namibië se eie professionele liggaamsbouer Alethea Borman. Nog ''n spesiaal genooide beoordelaar was die voormalige Suid-Afrikaanse Olimpiese paalspringatleet, Okkert Brits.

Die wenners van die ses kategorieë was soos volg:

Vroue strandbikini-afdeling: 1 Chantal Williams, 2 Willeen Visser, 3 Nadia Grobler.

Vroue fiksheid-afdeling: 1 Svet Loubser, 2 Daphne Sam, 3 Nancy Garoes.

Mans “Physique” afdeling: 1 Lyndon Platt, 2 Ewan Snyman, 3 Eclasiaste Celestino.

Mans liggewig: 1 Romario van Wyk, 2 Gylgister Evaristo, 3 Eclasiaste Celestino.

Mans middelgewig: 1 Jackson Appolus, 2 Dennis Baptista, 3 Victor Izaaks.

Mans Ope: 1 Ryno Jacobs, 2 René Mertens, 3 Charles Jacobs.

Die kategoriewenners het kontantpryse ontvang, terwyl die algehele manswenner Romario van Wyk ook ''n eenjaar-borgskap vir oefening onder leiding van die wêreldklas liggaamsbouers Marius Döhne en Dylan Ridley losgeslaan het.

• Al die vermaaklike stories, ondervinding en insig van die ander internasionale sportsterre het Dome Classic ''n waardevolle geleentheid gemaak.

Die marathon-legende Bruce Fordyce het sy wenke gedeel hoe om in padwedlope van krag tot krag te gaan. Die gewese paalspringer Okkert Brits het vertel hoe sy begindae as ''n atleet verloop het.

Ebrahim Moerat, ''n gesiene figuur in Kaapse rugbykringe, het onderwysers van verskeie skole toegespreek oor hoe om ''n ideale omgewing vir jeugsport te skep. Later het die Namibiese rugbyhelde Jacques Burger en Tinus du Plessis by hom aangesluit vir ''n sessie met spelers van plaaslike skole waar balhantering geoefen is.

Ander Namibiese sportsterre wat by wêreldkampioenskappe, Olimpiese en Paralimpiese Speles uitgeblink het, was ook in die kollig. Dit sluit De Wet Moolman (karate), Michelle Vorster (bergfietsry), Gaby Ahrens (kleiteikenskiet), Ruben Soroseb (Paralimpiese kragopteller), die rugbyspelers Jacques Burger en Tinus du Plessis en Alethea Borman (liggaamsbou) in.

Uit die kusstreek was daar die bokser “Danny Boy” Albinus Felesianu, die rolskaatshokkiespeler Dave Hammond en die tienerjarige naelloper Gildo Leite van die Privaatskool Swakopmund wat Angola by die wêreldkampioenskap verteenwoordig het.

''n Interessante praatjie is ook gelewer deur Riaan en Vasti Manser, wat op hul wittebrood die avontuur aangepak het om van Kalifornië na Hawaii te roei. Dié twee het ook vier-en-''n-half maande bestee omoor die Atlantiese Oseaan tot in New York te roei. Ander avonture het ook Riaan se fietstoere deur Afrika, rondom Madagaskar en in Ysland ingesluit.

Daar was ook ''n Cross-fit kompetisie waar deelnemers hul krag en uithouvermoë kon toets.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!