Venaani wil weet oor Ya Toivo se plaas
Venaani wil weet oor Ya Toivo se plaas

Venaani wil weet oor Ya Toivo se plaas

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Die adjunkminister van grondhervorming, me. Priscilla Boois, wou gister nie 'n ­mondelinge vraag oor die ­omstrede toekenning van hervestigingsplase aan hoog­geplaaste regeringslui, in die besonder adv. Vicky ya Toivo, beantwoord nie.

Die president van die Popular ­ Democratic Movement (PDM) en leier van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering (NV), mnr. McHenry Venaani, sê hy het deur middel van die media kennis geneem dat 'n tweede hervestigingsplaas aan Ya Toivo toegeken is omdat die plaas by Omaruru, wat voorheen aan haar ontslape eggenoot, mnr. Andimba Toivo ya Toivo, toegeken is nie boorgate het nie en omdat die omheiningsdrade stukkend is.

Hy het ook verneem dat 'n stokkie voor die kantoor van die ombudsman se pogings gesteek is om die saak te ondersoek.

Venaani wou van die adjunkminister weet watter kriteria die regering in die toekenning van hervestigingsplase gebruik. Hy wou weet of dit gebruiklik is dat wanneer 'n plaas nie 'n boorgat het nie of die omheining stukkend is, vir 'n tweede plaas aansoek gedoen kan word. Venaani het ook gevra hoekom die drade nie herstel kon word of 'n boorgat gesink kon word nie.

Hy wou weet of dit waar is dat die ministerie die ombudsman verhinder het om ondersoek in te stel.

Boois het versoek dat die vrae skrif­telik ingedien word sodat antwoorde daarop voorberei kon word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!