Venezuela: Guaidó verbied om te reis
Reuters berig Guaidó eis ’n nuwe verkiesing en bestempel Maduro se verkiesing verlede jaar as ’n klug.
Die hooggeregshof in Venezuela het die bankrekening van Juan Guaidó, selfaangestelde waarnemende president van dié land, bevries en hom verbied om te reis.
The Guardian berig die verdeeldheid tussen Guaidó en pres. Nicolás Maduro het verdiep.
Die prokureur-generaal in dié land ondersoek Guaidó nou glo weens “misdade wat die grondwetlike orde bedreig”, het Tarek Saab, ’n Maduro-ondersteuner, bekend gemaak.
Dit kom enkele ure nadat Amerika, wat Guaidó as president aanvaar, gesê het hy gaan nie meer olie by Venezuela koop nie.
Netwerk24 het vroeër berig dit word beskou as die mees beduidende stap om druk op die beleërde Maduro toe te pas. Amerika se sanksie op die staatsbeheerde-oliemaatskappy voorspel ook niks goeds vir die sukkelende ekonomie nie, aldus Reuters.
Reuters berig die ondersoek na Guaidó kan tot sy inhegtenisneming lei.
AP berig dat Guaidó aan sy ondersteuners gesê het dat hulle moet aanhou betoog, selfs al word hy in die tronk gestop.
WIL WEERMAG VERGROOT
Maduro het glo intussen aan die Russiese staatsnuusagentskap gesê hy is bereid om aan samesprekings deel te neem om geweld te voorkom.
AP berig Maduro het Dinsdag op nasionale televisie aangekondig hy wil die weermag vergroot deur die gewapende burgerlike soldate met tot 2 miljoen lede te vergroot. Dié magte is deur oudpres. Hugo Chávez, die vorige president, tot stand gebring om in die revolusie te veg.
Guaidó, leier van die opposisie, het homself verlede week tot president verklaar en word deur die VSA en verskeie ander Westerse lande as Venezuela se tussentydse president erken.
Reuters berig Guaidó eis ’n nuwe verkiesing en bestempel Maduro se verkiesing verlede jaar as ’n klug. Hy bied ook amnestie aan militêre amptenare wat hulle by hom aansluit.
Suid-Afrika, China en Rusland tel onder die lande wat Maduro as demokraties verkose president erken.
Intussen gons sosiale media omdat ’n Russiese passasiersvliegtuig in Venezuela aangekom het.
Gerugte word versprei dat dit verband hou met Rusland se onderneming om Maduro by te staan, berig Reuters. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie