Venezuela se Guaido verklaar homself president
Pres. Nicolas Maduro het Guaido van ’n staatsgreep beskuldig en gedreig dat hy in die tronk gegooi sou word.
Juan Guaido, die opposisieleier in Venezuela, het homself Woensdag as president van die land verklaar terwyl duisende mense die strate ingevaar het om te eis dat ’n einde gebring word aan die sosialistiese regering van pres. Nicolas Maduro.
Pres. Donald Trump van Amerika het later ’n verklaring uitgereik waarin hy Guaido as Venezuela se tydelike president erken.
Betogers het in die strate in die ooste van Caracas byeengekom en geëis dat Maduro moet padgee en plek maak vir Guaido as die land se nuwe president.
Vier mense is glo Dinsdag in ’n betoging dood wat sterk herinner aan die onrus wat die land twee jaar gelede in sy greep gehad het.
SKARE TOEGESPREEK
Guaido het voor ’n skare, wat hom luidkeels toegejuig het toe hy as president ingehuldig word, belowe om die land van algeheel ekonomiese ineenstorting te red.
Hy het ook sy bereidwilligheid bekend gemaak om Maduro te vervang met die hulp van die weermag en dan ’n vrye verkiesing te hou.
Maduro het op 10 Januarie sy werk as president voortgesit ná ’n verkiesing verlede jaar wat hoofsaaklik deur landsburgers geboikot en deur buitelandse regerings as korrup bestempel is. Sy regering het Guaido Woensdag van ’n staatsgreep beskuldig en gedreig dat hy in die tronk gegooi sou word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie