Venezuela se president klou aan sy mag
Venezuela se president klou aan sy mag

Venezuela se president klou aan sy mag

Ronelle Rademeyer
Die beleërde pres. Nicolás Maduro van Venezuela klou steeds soos 'n neet aan sy presidentskap, al het 'n staatsgreep reeds Dinsdag in dié land uitgebreek.

Maduro het Dinsdagaand saam met sy minister van verdediging op staatstelevisie verskyn en gesê die aanslag "deur 'n klein groep" het misluk.

"Ons word deur 'n staatsgreep in verskeie vorms in die gesig gestaar omdat daar obsessiewe pogings vanaf die regses in Venezuela, die Colombiaanse oligargie en die Amerikaanse heerskappy is."

Hy sê die weermag wat Juan Guaidó, leier van die opposisie wat homself president van Venezuela verklaar het, ondersteun, is 'n baie klein groepie.



"Hul plan het nie geslaag nie. Hul roeping het misluk omdat Venezuela net vrede wil hê. Die heerskappy het gepoog om 'n regmatige regering aan te val en om ons tot slaaf te probeer maak."

Die Amerikaners het intussen aangekondig dat Maduro gereed was om sy pos te ontruim, maar dat hy aangebly het nadat Rusland hom aangemoedig het om nie sy pos te verlaat nie, berig Fox News en BBC.

Guaidó het homself maande gelede reeds as tussentydse president verklaar en is beëdig nadat hy gesê het dat Maduro nie die onlangse verkiesing regverdig gewen het nie. Talle lande het daarna aangedui dat hulle Guaidó as die regmatige president van die land beskou.

Hy het 'n beroep op sy ondersteuners gedoen om gister weer die strate in te vaar en weer eens 'n beroep op die weermag gedoen om hom te ondersteun. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!